Leesvordering:

Natuurhoekie – Die ooievaar besoek Rietvlei Natuurreservaat

Mar 24, 2022

Njozi die jagluiperd is beroemd (of is dit berug?) in Pretoria. Haar naam is die Swahili woord vir “drome”. Op 4 Mei 2021 het sy uit Rietvlei Natuurreservaat ontsnap en die buurt om die reservaat dae lae in rep en roer gehad. Teen 9 Mei 2021 is sy egter weer in die reservaat gesien en kon almal ontspan. Hoe sy teruggekeer het, bly ’n raaisel.

Op 14 Maart vanjaar het sy die natuurbewaarders verras toe sy haar verskyning met vyf welpies gemaak het! Daar is geskat dat hulle toe sowat ses weke oud was. Vir die eerste ses weke van hulle lewe sal welpies deeglik deur hulle ma’s versteek word en die skuilplekke sal ook gereeld verskuif word. Daarna begin die welpies saam met hulle ma’s in die veld rondbeweeg en aan die prooi wat sy vang, vreet.

Jagluiperds word al sedert 2002 in hierdie reservaat gehuisves en dit vorm deel van ’n nasionale teelprogram. Mannetjies word geroteer om te verseker dat die genepoel van die jagluiperds gesond bly en die kleintjies wat hier gebore word, word ook mettertyd na ander reservate verskuif. In September 2021 is ’n mannetjie, Thaba, hier vrygelaat as maat vir Njozi.

Die meeste mense weet dat jagluiperds die vinnigste landdiere is wat ’n spoed van 80 tot 128 kilometer per uur kan haal. Wat minder bekend is, is dat die wyfies meestal ’n enkellopende nomadiese bestaan voer, behalwe wanneer hulle hul welpies grootmaak. Die mannetjies is soms enkellopend, of voer ’n bestaan saam met ander mannetjies. Wyfies is vir drie maande dragtig en kan aan drie tot agt welpies geboorte skenk. Die welpies se nekke, skouers en rûe is aanvanklik met lang, grys-blou hare bedek wat help om hulle te kamoefleer, maar mettertyd uitval. Van so jonk af as ses maande kan hulle self prooi begin vang, maar eers teen sowat twintig maande sal die welpies hulle ma verlaat. Mannetjies word gemiddeld tien jaar oud en wyfies veertien tot vyftien jaar.

Njozi en haar vyf welpies geniet skynbaar die aandag wat hulle kry en daar is heelwat video’s en foto’s van hulle wat deur besoekers aan Rietvlei Natuurreservaat op sosiale media geplaas word.

  • Klik hier om die video te kyk.

LEES OOK: Natuurhoekie – Pofadder noodgeval

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest