Leesvordering:

Natuurhoekie – ’n Seekoei by die brug oor die Olifantsrivier

Okt 6, 2021

’n Seekoei wei by die brug oor die Olifantsrivier in die Nasionale Krugerwildtuin.

Seekoeie is die tweede grootste landdiere op aarde naas olifante. Bulle kan tot 3 200 kilogram weeg. Die meeste van die tyd wei hulle snags en hulle kan tot 35 kilogram plantmateriaal in ’n enkele aand verorber!

Hulle vel is nogal gevoelig en soms lyk dit of hulle letterlik bloed sweet, maar moenie bekommer nie, die olierige rooi vloeistof wat hulle afskei is hulle natuurlike beskermingsmiddel teen uitdroging en die son.

Hulle kan tot 40 jaar in die natuur en 50 jaar in aanhouding oud word.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Die vierde boek in die reeks is nou beskikbaar!

 

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest