Leesvordering:

Natuurhoekie – Nagreier probeer ’n naaldekoker vang

Okt 2, 2020

Two-V Productions se André en Kate plaas gereeld video’s van hulle ontmoetings met natuurlewe tydens hulle besoeke aan die Krugerwildtuin.

Hulle nooi die lesers van Kollig uit om hulle liefde vir die natuur te kom geniet met ons gereelde rubriek, Natuurhoekie.

Al die geluide wat julle in hulle video’s sal hoor, is die oorspronklike bos- en wildklanke. Hulle is hartstogtelike voorstanders van natuurbewaring en nooi julle ook uit om op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions, in te teken en te gaan hou van hulle Facebookblad. Boeke in die Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is ook by die winkels in die ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Let wel dat die boeke slegs in Afrikaans beskikbaar is.

Vandeesweek kyk ons hoe ’n gewone nagreier ’n naaldekoker probeer vang om dit as aas in te span.

Die gewone nagreier probeer ’n naaldekoker vang om dit as aas in Panic-meer naby Skukuza-ruskamp in die Krugerwildtuin te gebruik. Nadat die reier die naaldekoker gevang het, sal dit op die oewer van die meer gaan sit, die insek in die vlak water gooi en wag dat dit visse lok.

’n Reier is selfs al waargeneem waar dit in ‘n dam in Singapoer se botaniese tuin stukkies brood inspan om vis te vang. Dit is bekend dat hulle allerlei aas gebruik om visse nader te lok, insluitend lewende insekte, vrugte en selfs takkies wat hulle in die water gooi.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest