Leesvordering:

Natuurhoekie – Ontmoeting met ’n luiperd

Okt 25, 2021

“Laat een middag kyk ’n luiperd naby die Malelanehek in die Nasionale Krugerwildtuin reg vir die kamera terwyl sy water drink …”

Só skryf André oor die ervaring van hom en sy vrou, Katie, toe hierdie beeldmateriaal verfilm is. Hy verwonder hom aan die manier waarop luiperds asof uit die niet verskyn ‒ as hulle nie op ’n tak hoog bo in ’n boom lê nie, kruis hulle paaie soos in hierdie geval net onverwags, selfs geheimsinnig met dié van bevoorregte natuurliefhebbers.

Luiperds is wel nie so vinnig soos jagluiperds nie, maar dit beteken beslis nie dat hulle stadig is nie. Volwassenes kan ’n spoed van tot 58 kilometer per uur haal en tot 6 meter ver deur die lug spring.

Twee tot drie welpies word gewoonlik op ’n keer gebore en bly by hulle ma tot hulle sowat twee jaar oud is. Elke luiperd se kolle (wat rosette genoem word) is uniek en hulle kan ook ’n groot verskeidenheid geluide maak om met mekaar te kommunikeer. Wyfies weeg tot 60 kilogram en mannetjies tot 80 kilogram. In die natuur word hulle ongeveer 12 jaar oud, maar in gevangenisskap kan hulle selfs tot 23 jaar oud word.

Deel van die misterie wat hulle omring, is moontlik die gevolg daarvan dat hulle hoofsaaklik naglewend is (wat hierdie waarneming nog meer merkwaardig maak) en die meeste van hulle lewens enkellopend deurbring.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is eersdaags ook weer in die winkels in ruskampe van die Wildtuin beskikbaar. Dit sluit die vierde boek in die reeks wat pas verskyn het, in.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest