Leesvordering:

Natuurhoekie – Reier se groot skrik en “die een wat weggekom het”

Nov 29, 2020

Deel nog ’n unieke ervaring in die Krugerwildtuin met Two-V Productions se André en Kate.

‘n Reusereier (Ardea goliath) het pas ’n lekker groot vis gevang, toe hy die skok van sy lewe kry en sy vangs verloor … Letterlik elke veer op sy kop en nek het regop gestaan! Kyk ook na die reaksies van die kolgans (Alopochen aegyptiacus) en die grootlangtoon (Actophilornis africanus) in die agtergrond.

Moet egter nie reusereiers onderskat nie. Hulle is indrukwekkende jagters wat selfs klein diertjies soos molle en grondeekhorings moeiteloos dood en verorber.

Al die geluide wat julle in hierdie en André en Kate se ander video’s hoor, is die oorspronklike klanke. Teken gerus in op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions en gaan hou van hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is ook by die winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Let wel dat die boeke slegs in Afrikaans beskikbaar is.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest