Leesvordering:

Natuurhoekie – Watter geluid maak ’n kameelperd?

Apr 16, 2021

Suid van Satara in die Krugerwildtuin skerm ’n kameelperdbul met twee jong kameelperde om hulle vir die volwasse lewe voor te berei. Die kleiner een neem gretig deel, terwyl die ander een dophou en net nou en dan betrokke raak. Teen die einde van die video (3 minute en 12 sekondes van die begin af) kan ’n mens duidelik hoor hoe die groot kameelperd proes – kyk net hoe beweeg sy ribbekas. In die natuur kan kameelperde sowat 25 jaar oud word, maar in aanhouding selfs 28 jaar of meer.

Hierdie beeldmateriaal behoort aan Katie en André van Two-V Productions. Teken in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest