Leesvordering:

Natuurhoekie – Wildehonde

Jun 20, 2022

Deur Alana Bailey

’n Trop Afrika wildehonde (Lycaon pictus) lê en slaap langs die pad naby die Tshokwane-piekniekplek in die Krugerwildtuin na ’n suksesvolle jagtog. Hulle is een van die mees bedreigde spesies op aarde. In die Wildtuin word slegs sowat 450 tot 500 honde aangetref.

Hulle het die mees gestruktureerde sosiale orde van alle plaaslike karnivore – hulle leef en jag in troppe saam, gelei deur ’n dominante reun en teef. Hulle is baie toegewyde ouers en ook versorgers van alle ander kleintjies in die trop. Die samehang van die trop verseker hulle oorlewing en dit is waarom hulle so ernstig bedreig is – daar is min plekke oor wat genoeg prooi en ruimte vir troppe soos hierdie groep bied.

Wilde honde kan ’n spoed van 40 kilometer per uur vir tot 5 kilometer handhaaf, en selfs vir kort afstande so vinnig as 60 kilometer hardloop. Op dié wyse jaag hulle hulle prooi moeg. Hulle is berug daarvoor dat hulle die prooi verskeur terwyl dit leef, wat aan hulle ’n slegte reputasie gee, maar anders as byvoorbeeld hiënas wat hulle prooi luidrugtig en chaoties opvreet, is wildehonde meer beheersd en stil. Orde word onderling gehandhaaf. Die alfa paar kan enige tyd vreet, maar verder kry die kleintjies eerste ’n beurt, gevolg deur die ondergeskikte reuns en tewe. Elke hond wag op sy beurt, en as daar nie genoeg kos is vir almal nie, begin die jag van voor af. Soos ons huishonde moet hulle daagliks eet. Hulle kan tot 50 kilometer per dag aflê om kos te vind.

Mense wat meer belangstel in hierdie besondere diere of dokumentêre oor wildlewe geniet, kan gerus na Solo: The Wild Dog op You Tube kyk.

Die beeldmateriaal van die troppie in die Wildtuin is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is eersdaags ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar. Dit sluit die vierde boek in die reeks wat onlangs verskyn het, in.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest