Leesvordering:

NAWEEK NADINK: Die witboordjiefabrieksgeleenthede is groot!

Okt 26, 2017

Ons maak toe ’n tweede draai in Bloemfontein, waar ek genooi is om as beleidspreker op te tree saam met Terror Lekota en prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), by die Small Business Institute (SBI) – onlangs nog bekend as die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) – se Vrystaatse indaba. Die tema van die indaba was klein- en mediumsakegroei in Suid-Afrika. Theo Vorster, bekende TV-aanbieder en uitvoerende hoof van Galileo Capital, het die paneelbespreking gelei.

My jongste Klipkouers-onderhoud is ook toevallig met Theo gevoer. Luister Episode 61 HIER met Theo Vorster

Die drie probleem- en geleentheidspunte wat my na aan die hart lê is soos volg:

Suid-Afrika se onontginde geleentheid as witboordjiefabriek

  • Geleentheid vir meer buitelandse besighede om produk- en diensbehoeftes na Suid-Afrikaanse besighede uit te bestee. Byvoorbeeld, met Klipkouers spandeer ek my Britse ponde op Afrikaanse klankingenieurs, transkripsiedienste, webtuistedienste, ontwerpers, ensovoorts.

Die tekort aan praktiese besigheidsopleiding en hulpbronne vir sowel bestaande sakeondernemings as besigheidstudente

  • Besigheidsopleiding op universiteitsvlak is meestal teoretiese nonsens en berei studente glad nie voor vir die werksplek en besigheid nie.
  • Bestaande besigheidseienaars het ook nie toegang tot relevante en praktiese opleiding ten einde hul besighede te groei of te verbeter nie.

Die tekort aan internskapprogramme

  • Meeste universiteite skakel glad nie met die privaat sektor nie. Studente is op hulself aangewese om werk te soek.
  • Internskapprogramme bied aan bestaande of nuut gegradueerde studente die geleentheid om hul hande vuil te maak en werklik iets te leer.
  • Internskapprogramme verwyder die “ysberg-effek”, wat behels dat jy nie kan sien wat werklik onder die water aangaan nie. Dit help werkgewers om die room van die oes te identifiseer in ’n land waar gevaarlike “pro-werknemerarbeidswetgewing” aan die orde van die dag is.

Soos jy teen nou al weet (of nie) het ek my eerste reeks digitale produkte geloods. Die eBoek is ’n besigheidshulpbron van 62 bladsye en bevat 104 verkoopstrategieë en besigheidsfoute van Afrikaner-besigheidsghoeroes, asook ’n splinternuwe KLIPKOUERS-digitydskrif. Klik hier vir meer inligting.  

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest