Leesvordering:

NAWEEK-NADINK: DIT WAAROP JY FOKUS, WORD AL HOE GROTER

Okt 5, 2017

Ons is nou net meer as ’n week in Suid-Afrika en geniet dit terdeë!

Krugersdorp is op die oomblik ons basis, maar ons het al reeds ’n draai in Pretoria, Harties, Bloemfontein, Wesselsbron en Parys gaan maak.

Bloemfontein was veral vir my spesiaal (help dat die Bokke gelykop gespeel het!). My peetouers was al die jare in Bloemfontein en so het ons gereeld daar gaan kuier. Ook ses jaar op Kovsiekampus waartydens dit pret was om gereeld potplante permanent te verskuif… (party mense sou dit steel noem) of om dameskoshuise te “raid” en te “be-sing””.

En o, ja… ek kan nie aan kampussekuriteit (Parkers) dink sonder om te glimlag nie. Jy al ooit gewonder waar ek die eerste keer “laat die wiele rol!” gehoor het?!!

Dit was veral spesiaal om vir die kinders die Vrouemonument te kon wys. Sekerlik een van die donkerste episodes in die Afrikanersage. Veral my seun se opmerking na die tyd “dit was lekker, maar hartseer” het boekdele gespreek.

Ek is opnuut herinner dat jy kan kies waarop jy fokus. En nog belangriker: dit waarop jy fokus, word al hoe groter. Dis ook een van die redes hoekom ek nie te veel nuus kyk of koerant lees nie.

Ek weet daar is baie moeilike uitdagings in SA en ek steek nie vir een sekonde my kop in die sand of rek my bek met breinlose kommentaar nie. Dit is immers hoekom ek Klipkouers-podsend begin het… ’n bietjie medisyne vir die pyn. Maar hier is ’n paar goeie goed wat ek die afgelope week weer opgelet het en waarop ek kies om te fokus:

  • Die gasvryheid en openheid van die mense om my
  • ’n Massiewe blou lug en warm weer
  • Heerlike boerekos
  • ’n Plek waar Jesus Christus nie ’n vloekwoord is nie
  • Wêreldklas Afrikaanse skole
  • Kaalvoet loop
  • Braai – oral en altyd

Laat jou fokuspunte jou glimlag?

Soos jy teen nou al weet (of nie) het ek my eerste reeks digitale produkte geloods. Die eBoek is ’n besigheidshulpbron van 62 bladsye en bevat 104 verkoopstrategieë en besigheidsfoute van Afrikaner-besigheidsghoeroes, asook ’n splinternuwe KLIPKOUERS-digitydskrif. Klik hier vir meer inligting.  

Lees ook: NAWEEK NADINK: 100 mense is reg vir die slegte nuus

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest