Leesvordering:

Naweek Nadink: Eer ons mekaar?

Sep 27, 2018

Sosiale media het ’n groen kaart gegee vir opinies lug. Sommige mense reken dit is altyd noodsaaklik om ’n opinie te gee. Die wyse waarop hulle dit uitdruk moet dikwels verskoon word as vryheid van spraak.

Ek wil gereeld op die Twitter-seepkis klim omdat ek ’n regstreekse debat geniet. Ek doen dit egter nie en daar bly ook ’n fyn lyn. ’n Stuk verantwoordelikheid. ’n Besigheidsbeginsel van eerbaarheid.

Die sinonieme is integriteit, respek en agting. Is ek in my onderneming as entrepreneur of in my werksomgewing so gefokus op oorlewing dat ek vergeet wie saam met my in die “oorlog” is? Hanteer ek konflik net so versigtig soos ’n voorlegging aan ’n potensiële kliënt?

Al wat ek weet is dat indien jy in vrede wil leef, jy moet leer om ander mense te respekteer. Die rede waarom ons ander mense moet respekteer is nie omdat ons wil verhoed dat ons by een of ander instansie of kommissie verkla word nie. Nee, ons respekteer ander mense omdat hulle net soveel waarde het as onsself.

Ek het onlangs met Marinus du Plooy van Mufasa Biltong in Perth gesels. Hy het vertel dat hulle so ingestel is op hulle kliënte se ervaring wat aangenaam moet wees, “want mense gee nie om hoeveel jy weet nie, totdat hulle uitvind hoeveel jy omgee”.

Dit het die onderwerp oor respek van vooraf in my wakker gemaak. Ons Suid-Afrikaners het ’n goeie reputasie regoor die wêreld omdat ons daardie basis saam met moedersmelk inkry. Ons seuns staan op vir vroue as hulle ’n vertrek binnestap. Ons stap in ’n vertrek, groet mense, terwyl ons hulle in die oë kyk. Dit is belangrike beginsels wat Suid-Afrikaners ’n goeie naam gee.

ONTHOU!

– Luister na my jongste onderhoud met Marinus du Plooy van Mufasa Biltong. Klik hier.

– Kry my eBoek 52 gratis! Klik hier.

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest