Leesvordering:

NAWEEK NADINK: En daar val 2017 op sy rug … in die sneeu!

Des 13, 2017

Ek kan nie glo 2017 is in die pylvak nie! Blykbaar gaan die tyd selfs nóg vinniger verby (persepsie natuurlik) omdat ons so baie tyd op elektroniese toestelle en sosiale media spandeer. Ek dink ook dit maak ons minder kreatief en geduldig omdat ’n mens begin sukkel met stilte, stilstaan of om alleen met jou gedagtegang om te gaan.

Die jaar eindig vir my op ’n besondere hoë noot vir drie besondere redes:

  1. Dit het begin sneeu hier in Ingilsland! Kyk, dit is ’n goeie probleem om op die strand te lê en sweet in Suid-Afrika gedurende Kerstyd, maar sneeu is vir my ekstra spesiaal en romanties. Ek vermoed dis al daai Walt Disney-/Amerikaanse flieks en TV-programme wat ’n bydrae gemaak het tot my liefde vir ’n wit en koue Kersfees.
  2. Ek het verlede week die voorreg gehad om die eerste keer met vier mede-Afrikaner podsendpioniers (wat hierdie ongelooflike digitale medium al langer as ’n jaar probeer tem) te gesels oor al die goeie en minder goeie aspekte as ’n podsendstigter en -gasheer, die toekomsverwagtinge vir Suid-Afrikaanse podsenders en natuurlik die miljoendollarvraag, naamlik hoe ’n mens geld maak met ’n podsend. Die manne wat kom speel het was Willim Welsyn en sy WAT PODSEND (@willimwelsyn), Stix en sy GEVAAALIK PODSEND (@gevaaalikdotcom), Dirk Scheepers en sy DS PROGRAM PODSEND (@dsprogram) en Dewald Pelser en sy MisterBA PODSEND (@dewaldpelser). Klik hier om na die gesprek te luister.
  3. Laastens en die heel belangrikste: Ons het besluit om ná 14 jaar hier in Ingilsland permanent na Suid-Afrika terug te keer! Ons het tot dusver baie verskillende reaksies gekry, van “high fives” na “Is julle mal!” en die meer subtiele “Hoekom?”. Die antwoord is eenvoudig: Ons weet wat die realiteite is, maar ons mis ons mense, kultuur en ’n Afrika-vryheid wat jy nie sal verstaan of waardeer totdat jy lank genoeg in Europa gewoon het nie. Laastens maar nie die minste nie, het besigheidsgeleenthede ook ’n rol in ons besluit gespeel. As entrepreneur is Suid-Afrika se innovasie en geleenthede vir my tasbaar. Innovasie wat teweeg gebring word deur stoute en onervare politici.

Ek wens jou en jou geliefdes ’n baie geseënde Kersfees en voorspoedige 2018 toe!

En onthou … ’n aanhouer wen!

Die jongste uitgawe van my digiTydskrif het Brand Pretorius, korporatiewe besigheidsikoon en Afrikaner gentleman, op die voorblad. Klik hier vir meer inligting.

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest