Sekerlik een van my grootste ontnugterings – in tien maande terug in Suid-Afrika – is hoe gejaagd, en terselfdertyd, inwaarts gefokus baie mense is. As ’n mens nie daadwerklik stappe neem om jou aktiwiteite te prioritiseer nie, dan word alles belangrik.

As alles belangrik raak, beweeg die lewe al hoe vinniger. Jy skeep juis dan die dinge af wat wel belangrik is, byvoorbeeld goeie (ou en nuwe) vriende, familie en jou gesondheid.

Wie is daai persoon wat jy met vrymoedigheid 3:00 die oggend kan bel as die papaja die waaier tref?

Vat dit bietjie rustiger, dink en prioritiseer jou aktiwiteite. Dit help nie jy hardloop vinniger in die verkeerde rigting nie. Gaan stadiger ten einde te versnel.

Geseënde Kersfees en 2019 vir jou en jou geliefdes! Gesels weer met jou in die nuwe jaar.

ONTHOU!

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Jacques Basson
Jacques Basson
Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy.

Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012.

Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion.

Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest