Leesvordering:

Naweek Nadink: Leef jy jou passie uit?

Sep 5, 2018

Dit is middel-Augustus. Klipkouers fokus hierdie maand op vroue-entrepreneurs – kundige vroue wat elkeen ’n stuk grondgebied afgetree het en dit met passie bewerk. Almal van hulle word deur passie aangedryf. Die vraag is: Leef jý jou passie in jou beroep uit? Indien wel, hoe beskerm jy daardie passie sodat dit nie opgevreet word deur die verderf van teleurstelling nie?

Om daardie passie te beskerm, gaan steek ek kers op by een van my grootste mentors, Jeff Bezos van Amazon. Hy reken passie is al wat jou help om voortdurend moed te hou. Die enigste manier om nooit teleurgestel te word nie, is om nie hoop te hê nie; dit is ook die sekerste manier om nie voluit te leef nie. Doen jou werk met passie, dan sal dit nooit voel of jy werk nie – daarin lê voortdurende hoop.

In hierdie week se onderhoud met Chrisna van Rensburg van die aanlyn boekwinkel Kakkerlak het ek weer gesien hoe ’n passie vir boeke, woorde en stories mense laat lewe kry. Hulle het ’n keer of wat gestruikel voordat hulle tydskrif sukses behaal het, want eers moes hulle die geleentheid raaksien van die behoefte aan storieboeke wat uit druk is. Boeke wat ons vandag Afrikana noem, maar nog wil lees. Storieboeke wat ons met passie moet bewaar.

 

ONTHOU!

Klik hier om na my jongste onderhoud met Chrisna van Rensburg te luister.

Klik hier om my eBoek 52 GRATIS te kry!

 

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest