Leesvordering:

Naweek Nadink: Leer jy van die beste?

Nov 28, 2018

Picasso het gesê: “Good artists copy; great artists steal.”

Dit beteken eenvoudig dat jy dalk nie eerste met ’n idee of konsep vorendag gekom het nie, maar dat jy ’n bestaande idee wat reeds werk kan verbeter of aanpas. Jy is met ander woorde nie besig om bloot na te boots nie; jy maak die idee jou eie.

Ek is altyd stomgeslaan daaroor dat lande nie meer proaktief na mekaar se tegnologie of idees (“best practices”) kyk nie. En nóg belangriker: dat besighede nie meer proaktief na mekaar se tegnologie of idees kyk nie.

Daar is vele niekompeterende besighede wat wêreldklas prosesse of konsepte gebruik van wie jy kan leer ten einde jou eie situasie te verbeter. Bestudeer jy die beste van die bestes? Daar is geen rede om die wiel te herontwerp nie.

Lekker naweek en onthou: ’n Aanhouer wen!

ONTHOU!

Klik Hier om na my jongste onderhoud met Christine Geldart te luister. Sy is die eienaar van Marven Equipment, ’n dinamiese familiebesigheid wat as die “Kings of Customization” bekend staan.

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest