Leesvordering:

NAWEEK-NADINK: Liefde is nie heeltemal blind nie

Sep 21, 2017

Die afgelope paar weke was super opwindend, leersaam en frustrerend.

Soos jy teen dié tyd seker weet (of nie,) het ek my eerste digitale produkte geloods, naamlik eBoek 52 en digiTydskrif (klik hier vir meer inligting). Terselfdertyd het ek die afgelope naweek vir Tomas, een van my voormalige interns en operasionele bestuurders, in sy grootwordstad Vilnius in Litaue gaan kuier.

Die eBoek en digiTydskrif was my eerste poging om ’n digitale produk aanlyn te verkoop, wat die proses op tye stadig en baie pynlik gemaak het. Maar die goeie nuus is dat enige nuwe proses soos fietsry is: as jy eers die “balansding” gesnap het, kan jy begin rondry en minder rondval.

Ek is die meeste trots op die aksie wat ek geneem het om die produkte van konsep tot verkope toe te vat. Dis hiér waar ek jou wil herinner dat die proses en nuwe ondervinding die waardevolste is – ongeag jou verkope. Dis net deur jou hande vuil te maak dat jy werklik iets leer. Die res is net jou opinie (wat ongelukkig minder werd is).

Terug na Litaue. Ek wou graag meer van sy stad sien en leer, asook van sy mense en, baie belangrik, sy nuwe gimnasium, waar hy op funksionele oefening fokus; met ander woorde ware spierkrag en vryheid van beweging sonder om jouself te beseer.

Dié Litaue is vir my ’n aangename plek, maar ook ’n plek van uiterstes. In die stad kry jy dinamiese, hardwerkende mense teen ’n winskoop: Die minimum loon is €360 per maand (sowat R5 735), teenoor R21 550 per maand in Engeland, terwyl ’n goeie korporatiewe salaris ongeveer R28 000 per maand is. Almal is vriendelik en die meeste mense praat goeie Engels. Hulle bied natuurlik van die vinnigste breëbanddienste in Europa en, aan die anderkant van die spektrum, heelwat Rooms-Katolieke kerke (net in die een stad). Ek wonder wat die Vatikaan se elektrisiteitsrekening is?

Aan die anderkant kry jy baie cowboys. Dié manne drink baie hard, ry soos Italianers (nie ’n kompliment nie) en in kleiner dorpe is die toilette langs die pad … wag daarvoor … longdrops!

Maar daar is iets wat Tomas gesê het wat my bybly: dit is dat die grootste kritiek teen Litauers van die Litauers self kom. Trouens, daar is blykbaar ’n grap in omloop dat, sou die Russe hulle inval (dit kan blykbaar in 23 uur gedoen word), sal daar duisende van hul eie mense by die Russe aansluit om teen hul eie land te veg.

Dit herinner my aan ons Afrikaners wat mekaar baie maklik kritiseer en aftrek. Of die ou storie van “… kan nie saamstaan nie”. Maar weet jy, dis nie regtig vreemde of unieke optrede van uitsluitlik Afrikaners nie.

Ek glo dat mense baie keer die hardste is met die mense vir wie jy die liefste is … Liefde is nie heeltemal blind nie.

  • Die doel met KLIPKOUERS se nuutste eBoek en digiTydskrif is om ’n sakebron vir mense te wees wat hulself of hul onderneming wil verbeter, deur mense wat hulself en hul ondernemings voortdurend verbeter.

Wie is Jacques Basson?

Na vele jare op die Kovsie-kampus (om sy pool-speltegniek te vervolmaak – ’n halwe waarheid) begin Jacques in1999 ’n korporatiewe verkope-en-bemarkingsloopbaan by Coca-Cola.

Coca-Cola se bestuursontwikkelingprogram, Kusile, het my besigheidsbestuurleerkurwe versnel en ná vyf bykomende maatskappye en senior rolle later in Suid-Afrika en Engeland vir onder andere Paramalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear begin ek ’n kommersiële skoonmaakonderneming VanBroc Cleaning (www.vanbroc.co.uk) in 2007, gevolg in 2012 met ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakonderneming in Austin, Texas (www.vanbroc.com).

Ek woon tans in ’n baie klein Engelse dorpie genaamd Gadddesden Row (so 30 minute noordwes van Londen) saam met my vrou Chrisna, seuntjie Christian en dogtertjie Alivia.

Hoekom Klipkouers?

Klipkouers is ’n verpersoonliking van my passie vir my mense, taal en besigheid. Ek wil Afrikaanssprekendes help om ’n nuwe besigheid te begin om hul volle potensiaal te bereik en terselfdertyd broodnodige werk in Suid-Afrika te skep. Die internet het die internasionale speelveld gelykgemaak.

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest