Leesvordering:

NAWEEK NADINK: Netwerk buite die boks

Jan 31, 2018

Hiermee dan Jacques Basson se jongste weergawe van sy weeklikse webjoernaal:

Tydens my onlangse onderhoud met Ryk van Niekerk, redakteur van Moneyweb, op sy besigheidsprogram Doen jou eie ding (luister na my onderhoud by https://klipkouers.com/moneyweb) het ek onder meer die belangrikheid daarvan beklemtoon om effektief te netwerk.

Om te netwerk beteken nie jy moet 3 000 besigheidskaartjies na ’n ontbytfunksie neem en dit begin uitdeel soos ’n oupa lekkernye vir sy kleinkinders uitdeel nie. Hierdie tipe benadering is juis een van die redes waarom talle mense nie daarvan hou om te netwerk nie en waarom dit glad nie werk nie. Om te netwerk behels eerstens om verhoudinge te bou… vertrouensverhoudinge om presies te wees.

Kom ek deel met jou ’n uiters goeie en onlangse meestersvertoning van hoe ’n mens te werk gaan om jou besigheid te groei. Ek het die voorreg gehad om ’n nuwe vriend te maak en beter te leer ken. Sy naam is Niel Stander. Niel en sy jong familie het onlangs in Ingilsland aangekom waar hy besig is met ’n doktorale graad in organisatoriese verandering. Sy praktyk se naam is Sensibus Consulting. Die kersie op die koek is dat die besigheidsuniversiteit waar hy sy doktoraal doen en waar hulle die eerste paar weke woonagtig was (foto hierbo), slegs agt minute van my huis af is en een van my gunstelingplekke is.

Niel besluit toe om ’n liefdadigheidsorganisasie te ondersteun wat behels dat jy ontbyt saam met ’n hoëkaliber-entrepreneur kan koop. Teen R3 000 was dit nie ’n goedkoop ontbyt nie, maar wel ’n beraamde risiko en ten minste ’n donasie vir ’n goeie doel.

Die eindresultaat: Die entrepreneur (’n dame) besit toe ’n massiewe voedsel-en-drankbesigheid en sy en Niel kliek! Nie net eindig die ontbyt waar die dame Niel se dienste wil gebruik nie, sy gee hom sommer nóg vyf hoëprofielname en hul persoonlike e-posadresse met die instruksie om haar naam te gebruik. Niel het vier uit die vyf as nuwe kliënte opgeteken. Meesterskuif!

Hopelik gee dit jou ’n paar vars idees om te netwerk wat tot nuwe besigheid kan lei.

Laat die wiele rol!

Jacques

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest