Leesvordering:

NAWEEK NADINK: Uitnemendheid begin in jou kop

Nov 3, 2017

Ons kom toe ʼn bietjie tot ruste in Hartenbos waar ons familie (en die kinders se niggies) al vir jare bly. Ons was nogal verras om die nuwe Hartenbos Seefront-sakekompleks te sien soos ons inry. Dit is ook duidelik dat Hartenbos en Mosselbaai “groot dorpe” geword het wat nie meer hoofsaaklik hulle inkomste gedurende vakansietye genereer nie.

Dit was weereens interessant om te sien hoe verskillende soorte ondernemings se diensvlakke verskil. ʼn Sekere lokaal het byvoorbeeld orals geadverteer dat ʼn nuwe drankie tydens ʼn Steve Hoffmeyer-konsert beskikbaar sou wees – maar hulle voorraad was binne ʼn uur op en later hulle kleingeld ook. Aan die anderkant het sekere koffiewinkels en restaurante wêreldklas diens gelewer.

So wat is my punt?

  • Uitnemende diens is nie opsioneel as jy beplan om ʼn winsgewende en langlewende besigheid te bedryf nie. Danksy sosiale media en aanlyn resensieplatforms is daar nie meer wegkruipplek vir individue en besighede wat swak diens lewer nie.
  • Uitnemendheid begin in jou kop. Dis ʼn manier van dink en doen – ʼn wêreldklas houding wat oorspoel na alles wat jy aanpak, ongeag of jy jou eie besigheid het of nie.

My nuutste Klipkouers onderhoud: Luister HIER na Episode 61 met Theo Vorster.

Ek het onlangs my eerste digitale sakehulpbronne geloods. Die e-boek is ʼn sakegids met 62 bladsye. Dit bevat 104 verkoopstrategieë en sakefoute van Afrikaner-entrepreneurs asook ʼn splinternuwe KLIPKOUERS-digitydskrif. Klik hier vir meer inligting.

 

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest