Leesvordering:

Naweek Nadink: Watter getuigskrif lees ander uit ons gedrag?

Aug 15, 2018

Ek sit soms in koffiewinkels en hou die groepe dop wat in- en uitgaan. Die verhale wat hulle uitstraal, is topverkopers as jy dit in woorde wil omsit. Dit tref my dan as ek soms die tekort aan gedrewe liggaamstaal sien. Lei ons deur ‘n voorbeeld te wees?

Besef ons hoeveel ander van ons lees as ons nie kyk nie. Daar is nie verniet die stelling dat kinders leer deur dit wat jy doen in plaas van dit wat jy sê nie. Ek gesels onlangs met Mia Kruger van Kruger International en dit het my tussen die oë getref toe sy openhartig vertel dat een van hul grootste pluspunte is dat hulle nie ander mense se geld belê waar hulle nie self hulle eie geld sou belê nie. Hulle as maatskappy hou daarvan om te lei en terselfdertyd ’n voorbeeld te wees.

Kruger International hou streng by sy stel beleggingsreëls. Mia het trouens verder gestudeer in Finansiële Gedrag, en die impak wat geld op ‘n individu se emosies het, weet ons is een van die kragtigste mediums tot mense se identiteit.

Besef ons dat ons gedrag ‘n kollektiewe invloed het op ons psige van ’n positiewe samelewing? Die sukses van ‘n samelewing wat kerngesond is, lê in ons aanpasbaarheid. Is ons gedrag van so ’n aard dat ons bereid is om die voorbeeld te wees?

ONTHOU!

Luister na my nuutste onderhoud met Mia Kruger van Kruger International HIER.

Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik hier hier.

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest