Leesvordering:

Net toe die Britte dink die oorlog is verby

Sep 10, 2020

Dis Junie 1900. Die Anglo-Boereoorlog is reeds agt maande aan die gang. Die Vrystaatse hoofstad is reeds in die hande van die Britte. In die ZAR het Paul Kruger en sy regering reeds Pretoria verlaat. Staatsprokureur Jan Smuts moet sake in die hoofstad afhandel, die ZAR se laaste geld uit die bank onttrek en padgee. Die bomme val al by Sunnyside. Pretoria word sonder veel teëstand ingeneem en die Boere loop by die dosyne weg van die kommando’s. Die oorlog is verby en die Boere se moed is gebreek. Of só het dit gelyk totdat Donkerhoek ’n keerpunt vir die Boere sou bring.

In Kraal Uitgewers se jongste boek, Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo- Boereoorlog, deur Andries Breytenbach word die gebeure in die aanloop tot dié veldslag, sowel as die slag self en die afloop daarvan, in fyn besonderhede ondersoek. Hierin word beweer én bevestig dat dié slag wat op die rantjies oos en noordoos van Pretoria afgespeel het, ’n beduidende invloed op die res van die oorlog gehad het.

Die publikasie bevat nagenoeg 70 historiese foto’s, verskeie kaarte oor die veldslag en die plase rondom Pretoria. Die Britse en Boereposisies vir albei dae van die slag word in detail op volkeur-uitvoukaarte aangetoon. Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo- Boereoorlog is beskikbaar in Kraal Uitgewers se aanlyn winkel teen slegs R290. Klik hier om die boek te bestel.

Oor die skrywer: Andries Breytenbach

Andries Breytenbach het reeds van kindsbeen af ’n sterk bewussyn van die Afrikaner se geskiedenis, politiek en kultuur. Hy verwerf ’n BMil-graad aan die Militêre Akademie (Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch) en studeer later nagraads aan Unisa waar hy in 1979 sy MA-verhandeling oor Donkerhoek, 11-12 Junie 1900 behaal. Ná etlike jare diens in die Suid- Afrikaanse Weermag, sit hy sy loopbaan voort by Krygkor (die voormalige Krygstuigraad) en is daar werksaam tot met sy aftrede in 2008.

Oor die reeksredakteur: Fransjohan Pretorius

Fransjohan Pretorius, emeritusprofessor van die Departement Historiese en Erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria, word as een van die mees vooraanstaande historici in Suid-Afrika beskou. Sy bydrae tot geskiedskrywing sluit onder meer in sy boek Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog wat verskeie toekennings ontvang het. Hy is bekroon met etlike toekennings waaronder die gesogte Jan H. Maraisprys vir uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Pretorius is die reeksredakteur van Kraal Histories.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest