Migrasienuus
Goeie nuus vir Suid-Afrikaners wat negatief geraak is deur Britse gesinsmigrasiereëls
Die Britse Ministerie van Binnelandse Sake het in Julie 2017 veranderinge aan die Britse gesinsmigrasiereëls (“Family Migration rules”) aangekondig. Hierdie veranderinge is baie goeie nuus vir Suid-Afrikaanse gades en gesinne wat nadelig geraak is deur die streng...
Werk jy in die buiteland? Belastingvrye dae is moontlik verby
Die dae dat jy jou ponde, euros, dollars of dirhams verdien het sonder dat Jan Taks sy deel daarvan neem, is moontlik binnekort iets van die verlede. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is van plan om Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk en ’n belastingvrye...
Is kapitaalwinsbelasting betaalbaar in Suid-Afrika as die belastingbetaler in die buiteland woon?
deur Fanus Jonck Ek het die volgende navraag ontvang: Is ek as ’n nie-inwoner aanspreeklik vir kapitaalwinsbelasting as ek Suid-Afrikaanse aandele verkoop? Antwoord: Kapitaalwinsbelasting (KWB) op die verkoop of geagte verkoop van eiendom in Suid-Afrika deur...
Die 2017-belastingseisoen is om die draai
Belastingbetalers kan hul belastingopgawes vir die 2017-belastingjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) van 1 Julie 2017 tot November 2017 indien. Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en werk en Suid-Afrika slegs een keer ’n jaar met vakansie besoek, hoef...
Fanus Jonck verduidelik die noodsaak vir ‘n Suid-Afrikaanse testament
Dit is nie net Suid-Afrikaners wat hulle Suid-Afrikaanse bates moet bestuur nie; Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon moet ook hulle Suid-Afrikaanse bates behoorlik bestuur. Dit is eintlik nodig dat ʼn mens ʼn testament in elke land moet hê waar jy bates besit,...
WAARSKUWING: Dienste by binnelandse sake erg deur “onvoldoende personeel” geraak
Die departement van binnelandse sake (DBS) bevestig dat meer as 90% van sy kantore weens personeeltekort op Saterdag gesluit sal wees. Volgens die departement is dié personeelgetalle nie in lyn met die onlangse ooreenkoms wat met vakbonde bereik is nie. Dit volg nadat...
Alleenverteenwoordiger van ’n oorsese maatskappy
Suid-Afrikaanse besigheidspersone is gereeld op soek na wyses waarop hulle hul sakeondernemings in die Verenigde Koninkryk (VK) kan uitbrei. Een van die minder bekende wyses waarmee dit vermag kan word, is die Sole Representative Visa (SRV). Dié interessante...
Regering beplan om alle Suid-Afrikaners na te spoor wat die land vir langer as 3 maande verlaat
Suid-Afrikaners wat van plan is om die land vir langer as drie maande te verlaat, sal binnekort verplig wees om by die regering te registreer in ’n poging om Suid-Afrikaners oorsee na te spoor (track) en die hoë emigrasiekoers te bekamp, aldus ’n berig in Rapport. Dit...
Belastingwenke vir verhuurders
Hoewel verhuurders verplig word om die totale inkomste wat deur die verhuring van hul eiendom verkry word te verklaar, is daar wel sommige aftrekkings wat gedoen kan word, soos byvoorbeeld ’n niekapitale uitgawe. ’n Verhuurder word genoodsaak om uitgawes aan te gaan...
Die 457-visumveranderinge: wat jy moet weet
Die tydelike 457-werkvisum is vervang met twee nuwe tydelike visums vir werkers met spesifieke vaardighede. ’n Tweejaar- en ’n vierjaarvisum, elk met nuwe beperkings, is in die plek van die 457-visum ingestel. Belangrike veranderinge sluit die volgende in:...
Desperate VK-reisvrae deur Suid-Afrikaners
Die konsultante by Breytenbachs Immigration kry gereeld desperate pleidooie van Suid-Afrikaners vir dringende hulp met hul VK-reisdringendhede. Ons het vervolgens ’n kort riglyn as verwysing saamgestel, sou jy ooit self in een van hierdie ongelukkige situasies beland....
NUWE VEREISTES VIR KINDERS WAT DEUR SUID-AFRIKAANSE GRENSPOSTE REIS
Die nuwe vereistes vir kinders wat na of van die Republiek van Suid-Afrika reis, het op 1 Junie 2015 in werking getree. Die vereistes is gemik op die implementering van die beginsel dat alle minderjariges hul ouers se toestemming moet hê om na of van die Republiek te...
Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English