Leesvordering:

Nuut by Kraal Uitgewers: TydToer-bordspeletjie

Aug 28, 2020

As jy al ooit gewens het dat jy in ’n tydmasjien kon klim en ’n reis deur tyd kon neem, dan is die nuwe bordspeletjie TydToer net vir jou bedoel. Toets jou kennis oor nagenoeg 600 jaar se Suid-Afrikaanse én internasionale geskiedenis met TydToer. In dié speletjie moet spelers ’n korrekte tydlyn opstel van gebeure vóór jou opponente jou voorspring! Dié Afrikaanse bordspeletjie bevat 215 kaarte en 30 Krugerrande (waarmee spelers mekaar se kaarte kan koop). TydToer-kaartjies sal jou kennis tot die uiterste toets in sewe verskillende kategorieë, naamlik ontdekkings en uitvindings; oorloë en konflik; kuns en kultuur; geskiedenis en politiek; natuur en gebeure; sport; en algemeen.

Weet jy wanneer bikini’s die eerste keer ontwerp is; wanneer Chris Barnard die eerste hartoorplanting gedoen het; of in watter jaar die televisiediens in Suid-Afrika begin het? Miskien kan jy onthou of die Groot Trek vóór of ná die Franse Revolusie plaasgevind het, en of die eerste Coca-Cola-koeldrank reeds vóór die Anglo-Boereoorlog te koop was. Terwyl jy hieroor kopkrap, besoek gerus Kraal se aanlyn winkel hier en bestel jou TydToer-bordspeletjie vandag nog teen slegs R350.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest