Leesvordering:

Nuut by LAPA: Die Geheime lewe van Gita

Mei 17, 2021

deur Jacolet van den Berg 

Gita kruip al haar lewe lank agter voorgee weg ; ‘n mantel vir elke okkasie . Flambojante , pienk Gita, vir wanneer sy opspraak wil maak , swart Gita wanneer sy wil wegraak en laag lê , rooi Gita wanneer sy uitdagend is, en natuurlik die blinkkant bo baadjie as sy voor die familie is. Maar agter die mantels spook dit by Gita. Niemand mag haar sien sonder ’n mantel nie .

Wanneer haar werk deure sluit pak sy haar lewe op en vertrek Knysna toe. Daar waar haar pa en sy nuwe vrou is. Waar sy nuwe kinders is. Langs die pad ontmoet sy die kleurvolle Llewellyn wat haar as verkleurvroutjie sien en sy is heeltemal oukei daarmee . Sy is wel nie oukei met die amper blinde tjellospeler , Darius, en sy broer wat haar geheime lewe wil oopkrap nie . Skielik is daar vier baie verskillende mans in haar lewe , en Gita het nie genoeg mantels om alkant te dek nie.

Die geheime lewe van Gita

ISBN9780639607276

Koste: R250.00

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest