Leesvordering:

Nuut by LAPA in Februarie

Jan 31, 2020

Chanette Paul: Moet ons meer sê? Goed: Wat van Lizz Meiring? Februarie skop af met baie sterk verhale. Ons is trots op die soet en die suur van die lewe!

Fiksie

Corali (#3 van die Vywervrou-trilogie)

Chanette Paul

Drukaam: LAPA

Vrouefiksie

9780799398670

R340,00

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ’n Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ’n rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Niefiksie

Soete sonde

Saamgestel deur Lizz Meiring

Drukaam: LAPA

Kortverhaalbundel

978799396126

R230,00

Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.

In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar is komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.

Indien enige een nog twyfel of dié stukkie sonde dalk ’n goeie geskenk sal maak, sou die lys van outeurs dalk net die nodige oortuiging bied: Clari Niemand, Miles Griffiths, Mafunyane Rossouw, Johann Smith, Ryno Eksteen, Cecilia du Toit, B Clarke, Brechje Visagie, Belinda Nel, Lizette Murray, MC Botha, Tilla Diederichs, Chrissie Naude, Henque Heymans, Clarissa Benade, Gielie Hoffmann, Johann du Toit, Monja Beyers, Paula Pereira, Willem van der Walt, Johann Smith en Jak de Priester.

100 beste blokraaie van 10 jaar! II

Drukaam: LAPA

Blokraai

9780799396256

R160,00

Is jy reg vir die opvolg van die blokraaibonanza 100 beste blokraaie van 10 jaar? Dan het ons goeie nuus vir jou! Die opvolg van dié blokraaitreffer, getiteld 100 beste blokraaie van 10 jaar II, is nou beskikbaar! Slyp jou tande en maak jou potlood skerp. Hierdie  splinternuwe samestelling  beloof, nes sy gewilde voorganger, ure se woordplesier en kopkrap.

Vir die jongspan

Justin Fortuin, skattejagter

Theresa van Baalen

Drukaam: LAPA

Jeugfiksie

Ouderdom: 11+

9780799395969

R160,00

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie. En wat daarvan as tannie Mary in ’n geheimsinnige ou kasteel by die see bly? Hy het ander vakansieplanne gehad.

Maar tannie Mary maak Justin se dag toe sy vir hom ’n pratende papegaai present gee. Hy vind gou uit Kaptein Kraakbeen is nie sommer énige papegaai nie, en kort voor lank is hy reg in die middel van ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.

Spook dit in Kasteel Boekanier? Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen?

Vertel my ʼn grappie

Maritha Snyman

Humor

Druknaam: LAPA

Ouderdom: 5+

9780799398106

R60,00

Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats – dit sal ure se lagpret verseker!

  • Hoekom het Jan van Riebeeck sy radio in die yskas gesit? Om cool musiek te luister.
  • Hoekom het Jan van Riebeeck sy huiswerk op die dak gedoen? Want hy wil afkyk.
  • Die oom is so oud, sy beenhare krul al om.
  • Dit is so koud, die sneeuvlokkies bewe.
  • As ek R6.00 in my sak het en ek verloor R2.00, wat het ek in my sak? ʼn Gat.

Keegan & Samier: Die sokker-fiasko

André Trantraal

Kinderfiksie

Druknaam: LAPA

Ouderdom: 7+

9780799397680

R60,00

Keegan en Samier is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam.

Samia is ’n puik sokkerspeler, maar Brent Petersen, die klasboelie, hou nie daarvan dat ’n meisie beter is as hy nie!

Lea lief honde: Hik, Hik, Hoera!

Cecilia Steyn

Kinderfiksie

Druknaam: LAPA

Ouderdom: 9+

9780799397970

R132,00

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word.

Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

Handskoenpop-badboeke

Bababoeke

Druknaam: LAPA

Ouderdom: 0+

9780799398014 (Sussa Seekoei)

9780799398021 (Tamaai Tier)

9780799398038 (Lawwe Leeu)

9780799398045 (Boeta Beer)

R110,00 elk

Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig. Hulle dek die volgende temas: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.

Manjifieke Mier

Claire Freedman

Peuterfiksie

Druknaam: LAPA

Ouderdom: 3+

9780799397093

R140,00

ʼn Klein miertjie vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel daaroor dat niemand bloot op hulle voorkoms beoordeel moet word nie.

Dit is tyd vir die woud se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die woud is daar ’n nuwe deelnemer – ʼn klein miertjie. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?

Z is for Zack

Jaco Jacobs

Fiction

Imprint: LAPA

Age: 7+

9780799397550 (Ready to Race)

9780799397567 (A Slimy Surprise)

9780799397574 (Tree House Trouble)

R50,00 Each

Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook ’n Engelse leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en ’n maklike, verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.

Romanse

Strykstok van die hart

Lizelle von Wielligh

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799398649

R240,00

Dit is die vroeë 1800’s in die Kaapkolonie. ’n Boog beweeg oor vioolsnare en roer iets binne Annabelle. Watter slaaf speel die viool so mooi?

Sy herken dadelik Kaleb se kastaiingbruin hare en donker oë, maar hy gee voor dat hy haar nie ken nie.

Kaleb, haar lewenslange vriend wat nie vir haar die harmonika mag gespeel het nie. Kaleb, die ambisieuse slaaf, vasgevang in sy omstandighede. Dit is ook nie die eerste keer dat sy musiek haar hartsnare raak nie.

Annabelle en Kaleb moet alles waag om saam te wees, al leef hulle in twee wêrelde.

Herfswind

Madelie Human

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799398557

R95,00

Mari Pelser is teen die grond. Haar ouers is gelyktydig in ’n motorongeluk dood en sy moet die pastorie se inhoud oppak om plek te maak vir die nuwe predikant. Sy het nou net een begeerte en dis om weg te kom van haar kleindorpse bestaan op Groeneweide. Die Pelsers het godsdiens in haar keel afgedruk en sy wil niks van hulle soort Christenskap weet nie.

Die nuwe dominee daag op met moderne idees en ’n totaal ander soort bediening van die Woord as haar pa, maar sy gaan nie toelaat dat hy haar bepreek nie, al maak die mooie man haar knieë lam. Intussen doen sy aansoek vir werk in die stad en leef haar uit in haar musiek as orrelis van die kerk en musiekonderwyseres by die skool. Sy kry egter nie die werk nie en intussen kruip dominee Driaan al dieper in haar hart.

Daar is egter iets wat die Pelsers al die jare vir haar weggesteek het en toe dit onverwags op die lappe kom, is Mari se lewe weereens omvergewerp. Durf sy op Driaan leun vir ondersteuning en kan sy uitkoms soek by die Hemelse Vader wat hy aanbid?

Nooit weer winter

Marilé Cloete

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799398526

R95,00

Lisa is ’n musiekonderwyseres op ’n dorp in die Karoo wat smag na wyer ervaring. Sy wil bitter graag reis, maar sy is bang om dit op haar eie te doen. Haar vriendin Jennie stem in om saam te gaan op ’n bustoer na Botswana, wat die Okavango-delta en die Victoria-waterval insluit. Jennie se pa word egter siek en Lisa sit sonder ’n metgesel.

Michael is die stil een in hulle vriendekring, die ernstige sielkundige. Hy is Lisa se teenpool en sy reken hy is eintlik so effens dikdood. Toe hy onverwags aanbied om in Jennie se plek saam met haar te gaan, het sy nie veel van ’n keuse nie.

Op die reis ontdek sy meer fasette van Michael se persoonlikheid en sy besef dat teenoorgesteldes mekaar wel kan aantrek en ook aanvul.

Tania se liefdes

Joléne de Koningh

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799398618

R95,00

Tania het baie liefdes: haar eie rekenmeestersfirma, haar sportmotor, ’n Ford Mustang, en die perde wat sy graag ry. Sy en die held ontmoet mekaar op ʼn Gimkana en soos hulle liefde onwikkel, koop hy, ʼn professor en perdeteler, ʼn spogperd genaamd Orion. Hy moet baie keer in die buiteland optree by kongresse en dit veroorsaak probleme tussen hulle. Maar die verhaal eindig op ʼn hoogtepunt – op ʼn perd.

Miljoene maanligsoene

Corné van Rooyen

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799398588

R95,00

Danika Human reis saam met ’n groep van haar kollegas na Italië vir die troue van die supermodel, Monica Wilson. Daar ontmoet sy die bruidegom se neef,  Ricardo Burratti. Die aantreklike Italianer maak gevoelens in haar wakker wat sy nog nooit vantevore ervaar het nie. Sy stry teen die verwarrende emosies en besluit om hom op ’n afstand te hou, ’n besluit wat al hoe moeiliker word, veral wanneer hy haar soen.

Dan is daar nog die beeldskone Lissandra Rinaldi, Ricardo se gewese vriendin, wat dit baie duidelik maak dat sy die een is wat met Ricardo gaan trou. Is Lissandra reg dat Danika bloot net vakansievermaak is vir Ricardo of staan sy ’n kans om sy hart te wen?

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest