Leesvordering:

Nuut by LAPA in Januarie

Jan 17, 2020

Lekker en bekostigbaar. Dit is wat LAPA in Januarie 2020 bied. Almal se sakke is plat, maar ons maak op daarvoor!

Vir die jongspan

Zackie Mostert slaan ’n ses (17)

Jaco Jacobs

Drukaam: LAPA

Kinderfiksie

Ouderdom: 9+

9780799397802

R105,00

Die krieketseisoen is hier! Zackie en Vincent sien baie uit na die krieketkliniek. Hulle gaan ’n hele week lank leer om soos kampioene te kolf, briljant te boul en fantasties veldwerk te doen!

Maar Anton is vasbeslote om vanjaar die beste speler in die krieketspan te word. Anton is nie verniet die grootste boelie in Granaatstraat nie. Toe hy ’n nare poets op Zackie bak, loop dinge lelik skeef. En dit lyk sowaar of Vincent se vreemde, krieketmal oupa dalk hulle enigste hoop is om uit die penarie te kom ….

Zackie Mostert en die skreeusnaakse plan (18)

Jaco Jacobs

Kinderfiksie

Druknaam: LAPA

Ouderdom: 9+

9780799397826

R105,00

Maak gereed om te ROL VAN DIE LAG! ’n Nuwe TV-kanaal vir kinders hou ’n groot talentkompetisie. Wie kan die snaaksste grappe vertel en die gehoor laat skaterlag? Die wenner kry ’n kans om op TV te verskyn! Zackie en Vincent kan nie wag om deel te neem nie. Hulle is immers briljant daarmee om grappe te vertel – en hulle gaan die snaaksste grappe op die hele planeet (of ten minste in Granaatstraat) probeer uitsnuffel!

Maar Anton is vasbeslote om ook aan die kompetisie deel te neem. En hy gaan seker maak Zackie en Vincent staan nie ’n kans om te wen nie …

Romanse

Wilde jasmyn vir Steyn

Rosita Oberholster

Druknaam: LAPA

SuperRomanza

9780799398496

R240,00

Wilde jasmyn vir Steyn is die vervolg op Rose vir Roselle en Lelies vir Louisa. Dit vertel die verhaal van Louisa se ma, Steyn Coetzee. Sy het geglo Louisa is dood kort ná haar geboorte, maar moes met ’n skok besef Louisa leef nog toe sy een dag onverwags voor haar drumpel staan.

Toe Steyn uitvind van Louisa se bestaan, verval sy in ’n diep depressie en sien verskeie sielkundiges sonder enige vordering. Totdat sy by Marco Dreyer uitkom en hy haar bietjie vir bietjie help om haar verlede in die oë te kyk en haar onverwagse rol as ma en ouma ten volle te aanvaar.

Sy worstel ook met die vraag oor wie Louisa se pa is: Albert of Simon? Die twee broers van een van die gesogte wynplase in die Franschoek omgewing, La Montagne.

Hierdie is ’n verhaal van vergifnis, versoening en keuses van die hart.

In sy glimlag

Felicia Snyman

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799396829

R95,00

Analene verwag nie dat ʼn aantreklike donkerkop man tot haar redding gaan kom toe sy ʼn yskoffie op haarself omkeer nie. Toe Reuben Buitendag met sy pragtige glimlag en groot hart haar lewe in daardie oomblik betree, keer hy haar hele wese om.

Sy is nie opsoek na liefde nie, veral nie in die arms van ʼn professionele rugbyspeler nie. Ongeag haar onbaatsugtige poging om sy drome bo haar gevoelens vir hom te stel, het die liefde ʼn ander plan.

Sal sy die moed hê om haar hart te volg of sal haar besluit hulle paaie finaal laat skei?

Min of meer ’n meermin

René van Zyl

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799396881

R95,00

Marina Zeeman is ʼn professionele meermin met ʼn groot verbeelding en ʼn passie vir oseaanbewaring. Ná haar verloofde haar in Amerika los vir haar beste vriendin, trek sy terug Kaapstad toe om haar beroep uit te leef. Die plek waar sy dit wil doen is Atlantis Waterwêreld, ʼn splinternuwe akwarium wat oor ʼn maand open. Sy wil met alle mag die ernstige eienaar, doktor Xander Strachan, oortuig dat sy akwarium ʼn meermin nodig het om besoekers te lok.

Die aantreklike, songebrande marinebioloog is glad nie opgetrek met die idee dat ʼn belaglike ongedierte soos ʼn meermin in sy akwarium rondswem nie. Xander is nog minder beïndruk met die feit dat sy sewejarige dogtertjie en vyfjarige seun oombliklik op Marina en haar monovin verlief raak. Marina raak net so vinnig lief vir hulle. Dit lyk egter of die geraamtes in die gesin se kas dalk gaan maak dat hierdie meermin nie haar gelukkige einde gaan kry nie.

Sy sal alles in haar vermoë moet doen om nie net haar droomwerk in te palm nie, maar ook haar droomman.

Heuning om die hart

Salma Swanepoel

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799396911

R95,00

Georgie is tot in haar murg geskok toe sy in die koerant sien haar kêrel het  ʼn klub vir enkellopende boere wat vrou soek, begin: die Bokkies vir Boere-klub. Sy  vlug na ʼn vreemde dorp en gaan gee musiek by ʼn vreemde skool. Met mans is sy vir eers klaar, baie dankie, en in haar gemoed is daar weer vrede. Of byna. Want Ben die byeboer kom versondig kort-kort haar siel, en dit boonop in haar eie musiekklas.

Dit is onregverdig dat so ʼn paar mooi, breë skouers op so ʼn lummel vermors is. Dan is daar ook die dinamiese wildboer, Phillip, wat vir haar blomme gee en haar vriendinne in vervoering het.

Maar Georgie hou haar hart dig toegemaak, want sy het al geleer: mansmense, en veral boere, lyk dit vir haar, beteken tog net moeilkheid.

Optelgoed is trougoed

Nerine le Roux

Druknaam: Romanza

Romanse

9780799396850

R95,00

Liam de Wet is ʼn wêreldbekende skrywer wat saam met sy reddingsoekhond, Rio, al ʼn hele paar reddingspogings oor die wêreld uitgevoer het. Hy word gevra om een middag ʼn meisie op te spoor wat deur haar kêrel in die Drakensberge agtergelaat is.

Liam ontferm hom oor Maryn wanneer hy haar vind, hospitaal toe neem en uitvind dat sy harsingskudding en gekraakte ribbes opgedoen het. Hy neem haar terug na sy huis om haar te help gedurende haar herstelproses en raak stadig maar seker meer as net haar opasser.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest