Leesvordering:

Nuut by Lapa Januarie 2021

Jan 27, 2021

LAPA spog met ʼn hele paar nuwe boeke, en soos altyd is daar lekkerlees boeke vir elke boekrak.

1. Vreesloos

deur Christien Neser

Vreesloos? Elle is eerder vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak.

Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmet disse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die gesig van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen?

Publikasiedatum: Januarie 2021
ISBN: 978 0 6396 0417 6
Prys: R200.00
Formaat: 137 mm x 212 mm
Bladsye: 184 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Tienerfiksie Y2.2
13+
Oplaag: 3 000

2. Tyd om te skaats

deur Jacolet van den Berg

Hannah is vasgekeer.

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land … land sy op wiele!

Publikasiedatum: Januarie 2021
ISBN: 978 0 6396 0198 4
Prys: R225.00
Formaat: 137 mm x 212 mm
Bladsye: 200 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Tienerfiksie Y2.2
13+
Oplaag: 2 500

3. Kiets in Parys

deur Dianne Hofmeyr & Piet Grobler

Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate van Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Édith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Maar is dit regtig die lewe wat sy wil hê? Katte het bowenal nege lewens, jy weet …

Publikasiedatum: Januarie 2021
ISBN: 978 0 6396 0202 8
Prys: R155.00
Formaat: 210 mm x 280 mm
Bladsye: 32 bladsye
Band: Sagteband
Kategorie: Kinderfiksie
Oplaag: (Y2.1) 5+ 2 000
Vertaler: Nandi Lessing-Venter

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest