Leesvordering:

NUUT: Dag vir dag-dagbeplanner

Jun 3, 2021

Deur Ilze Nieuwoudt

Die lewe is dikwels ’n gejaag na wind en in die warboel van vergaderings, afsprake en funksies kan selfs ’n komkommerkoel koelkop sukkel om tred te hou met sake. Die oplossing is egter kort, kragtig en gesetel in neuropsigologie.

Volgens ’n artikel wat in 2018 in Forbes-tydskrif verskyn het, is daar eindelose waarde daaraan om inligting wat onthou moet word, neer te pen. Dit veroorsaak die sogenaamde genereer-effek waardeur mense inligting wat self geskep is, beter onthou as inligting wat bloot gelees is.

Kraal Uitgewers se nuwe Dag vir dag-dagbeplanner is die ideale instrument om nie net jou tydsbeplanning mee te verfyn nie, maar om ook terug te keer na die tradisionele manier van doen – met pen en papier. Boonop sal jy danksy die genereer-effek ook belangrike sake, idees en afsprake beter kan onthou.

Waarom het jy hierdie dagbeplanner nodig?

  • Dit is ongedateer en daarom kan jy dit enige dag van die jaar begin gebruik.
  • Dit bevat spasie vir week- en dagbeplanning.
  • Dagblaaie het plek vir ’n taaklys vir alle afsprake wat vanaf 06:00 tot 22:00 aangeteken kan word, notas, belangrike inligting wat onthou moet word en ’n doelwitlys.
  • Dit moedig ook ’n gesonde leefstyl aan met ’n watermeter om jou te herinner om die daaglikse teiken van agt glase water na te jaag.
  • ’n Spesiale plek waarop jy kan aandui waarvoor jy dankbaar is, herinner elkeen om groot én klein genade in elke dag raak te sien.
  • Die weekbeplanners bevat pragtige aanhalings van bekende Afrikaanse skrywers en digters.
  • Die beplanner het genoeg spasie vir ’n volle jaar van inspirasie, notas en dankbaarheid.

Kry jou Dag vir dag-dagbeplanner in Kraal Uitgewers se aanlyn winkel teen slegs R200 en vat die lewe dag vir dag! Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting.

 

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest