Leesvordering:

Nuut op ShowMax

Apr 26, 2018

Sewe nuwe flieks op ShowMax Internasionaal

As jy ’n oorsese ShowMax-intekenaar is, is jy in vir ’n bederf met sewe sterbelaaide nuwe Suid-Afrikaanse flieks wat in April en Mei na jou skerm kom. Hier is waarna jy kan uitsien.

  1. Johnny Is Nie Dood Nie

Herleef die opkoms van die Voëlvry-beweging in hierdie bekroonde film wat sewe toekennings van die toonaangewende Silwerskermfees ingepalm het.

  1. Abraham

Abraham is sonder twyfel een van die beste Suid-Afrikaanse films wat nog ooit gemaak is en is ’n diepsinnige meesterwerk wat ’n onvergeetlike verhaal vertel wat jou hart sal breek; ’n storie wat aansluit by wie ons as Suid-Afrikaners is en hoe ons by die bestel van die wêreld inpas.

  1. Dis Koue Kos, Skat

’n Suid-Afrikaanse fliek uit die boonste rakke wat spog met pragtige rolprentfotografie, ’n bo-aan-die-lys rolverdeling en wêreldklas regie. Dit is waarlik ’n lus vir die oog in elke sin van die gesegde.

  1. Twee Grade Van Moord

Twee vroue, twee moorde en ’n sterbelaaide rolverdeling en verbasende kinkels maak hierdie Afrikaanse fliek verpligtend om te kyk.

  1. Nul Is Nie Niks Nie

Drikus se liefde vir die lewe en sy vasberadenheid bring hierdie halfdooie gemeenskap bymekaar en gee hulle weer nuwe lewe. Kyk hierdie bemoedigende storie oor die lewe, die dood en alles tussenin.

  1. Jou Romeo

Yvette en Tyler is die skool se drama-bleeksiele wat gedwing word om met ’n plan vorendag te kom wanneer die fondse vir hul vervaardiging van Romeo en Juliet op die nippertjie gesny word. Dit behels die werwing van die gewildste seun in die skool – maar nie almal is opgewonde wanneer Marko sy wit krieketbroek vir ’n Shakespeare-kleefbroek verruil nie…

Geskeduleer om op 16 Mei op ShowMax Internasionaal af te skop.

  1. Jagveld

Hierdie is die storie van skoolonderwyser Emma le Roux (Leandie du Randt) wat ’n gruwelmoord sien gebeur en dan in die Karoo deur die moordenaars agtervolg word, wat geen benul van haar geheime geslepe agtergrond in gevegkuns het nie. Jagveld is ’n moet-sien – die perfekte aksiefliek vir ’n Vrydagaand by die huis.

Geskeduleer om op 23 Mei op ShowMax Internasionaal af te skop.

Nog nie ’n ShowMax-intekenaar nie?

Kry nou ShowMax »

Let wel: Hierdie flieks is slegs beskikbaar aan internasionale ShowMax-intekenaars in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxembourg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Nie alle titels is in alle gebiede beskikbaar nie. ShowMax bied jou die beste Suid-Afrikaanse reekse en flieks – van die klassieke tot die nuutste vrystellings; van volledige reekse tot kindergunstelinge.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest