Leesvordering:

Nuut op Showmax: Programme die maand

Apr 5, 2017

SAFARI 4×4 ROETES Seisoen 10

Beskikbaar vanaf 4 April
Dis die tiende seisoen van Safari 4×4 Roetes, die reeks waarin 4×4-spesialis André de Villiers die land se grondpaaie platry saam met die hengel-spesialis Petri de Wet. Hulle beproef uitdagende 4×4-roetes en as hulle moeg gery is, is dit tyd vir kamp, kuier en braai.

LA’T WIEL Seisoen 16

Beskikbaar vanaf 5 April
Top Gear in Afrikaans! In La’t Wiel klim die gesoute motorjoernaliste Waldo van der Waal en Hannes Visser agter die stuur van ’n verskeidenheid motors om die toetswerk namens jou te doen. Hulle vergelyk alledaagse voertuie wat Jan Alleman kan bekostig, maar beproef ook sportmotors en luukse voertuie waaroor mens maar net kan droom. Die oorlog tussen Suid-Afrika se beste bakkies duur natuurlik ook voort – heerlike vermaak vir petrolkoppe.

TYD MET ALEIT Seisoen 1

Beskikbaar vanaf 6 April
Aleit Swanepoel is alombekend as een van Suid-Afrika se voorste trou- en funksiebeplanners. Die stigter van The Aleit Group kuier elke week by ’n Suid-Afrikaanse bekende vir ’n stylvolle geselsie. Daar word mooi tafel gedek en lekkernye opgedis soos net Aleit kan.

KAMPKOS Seisoen 3

Beskikbaar vanaf 7 April
Beaté en John-Henry Opperman kuier om die kampvuur met Suid-Afrikaanse bekendes in Kampkos. Hulle kampeer en leer die kampkos-geheime van lekker mense ken, en smul aan goed wat op die vuur gaargemaak is.

MET ‘N HUPPEL IN DIE STAP Seisoen 2

Beskikbaar vanaf 10 April
As daar een mens is wat met gesag kan praat oor ’n betekenisvolle lewe ná 50, is dit seker die immergroen nuusleser Riaan Cruywagen, aan wie se energie, lewenslus en toewyding tot sy werk daar skynbaar geen einde is nie. In Met ’n huppel in die stap ontmoet Riaan ander lede van die ouer garde wat met oorgawe lewe.

KUNSVLYT Seisoen 1

Beskikbaar vanaf 10 April
Kreatiewe siele spook dit met papier, potlode, gom en kryte uit in Kunsvlyt, ’n realiteitsprogram waarin 10 deelnemers kragte meet om hulle kreatiwiteit te toets. Die persoon wat die slimste planne uitdink en die mooiste goedjies maak wen ’n reis na Duitsland, so jy kan strawwe kompetisie verwag. Die verf gaan behoorlik spat!

GLAM GURU Season 12

Beskikbaar vanaf 10 April
Dis maklik om met min moeite mooi te lyk – vra maar vir Hannon, sekerlik Suid-Afrika se voorste oormaker. Hannon kry ‘n verskeidenheid mense onder hande: jonges en oues van alle groottes. Die een ding wat almal in gemeen het, is dat hulle sien hoe mens met ander oë na die wêreld kyk wanneer jy goed voel oor jouself.

LEEF JOU REIS Seisoen 5

Beskikbaar 11 April
Nuwe reeks vol avontuur wat die wanderlust uit almal bring!
Gerrie Pretorius kén van reis – dis immers sy werk om die wêreld plat te reis, en vir kykers nuttige wenke en reisraad te gee, sodat hulle self ook die pad kan vat en die wêreld te sien kan kry. Reis saam met Gerrie in die nuwe seisoen van Leef jou reis, en kry ’n voorsmakie van die bestemmings waarheen jy volgende koers kan kies.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest