Leesvordering:

Nuwe boek oor blokhuise van ABO mees omvattende nóg

Apr 22, 2021

Deur Ilze Nieuwoudt

Hoewel daar al baie geskryf is oor die blokhuisstrategie van die Anglo-Boereoorlog, is die Brits-gebore skrywer en militêre historikus Simon C. Green se boek, Anglo-Boer War blockhouses: A military engineer’s perspective, die mees omvattende werk nóg oor dié militêre verskynsel. Dié boek is onlangs vrygestel deur Porcupine Press en nou beskikbaar by Kraal Uitgewers.

Green se werk is ’n indrukwekkende ondersoek na die meer as 9 000 blokhuise en fortifikasies wat tydens die oorlog oor ’n afstand van 5 600 km opgerig is. Hy stel onder meer ondersoek in na die oorspronklike konseptualisering daarvan vir die beskerming van belangrike brûe en deurgangsroetes, die massaproduksie van opslaanforte, die konstruksieproses, bemanning én alle werksaamhede in die forte. Benewens die gebruik van blokhuise in die Anglo-Boereoorlog, sluit Green se navorsing ook inligting in oor die vroeëre gebruik van blokhuise in ander oorloë.

Anglo-Boer War blockhouses bevat tientalle insiggewende kaarte, grafieke, foto’s en planne en beslaan nagenoeg 300 bladsye. Dié navorsing vra tereg die vraag – het die blokhuisstelsel in samewerking met lord Kitchener se berugte dryfjagte die oorlog vir Brittanje gewen?

Green het meer as 30 jaar se militêre ervaring in Europa, Suidoos-Asië en Suid-Afrika en het ná sy aftrede Suid-Afrika sy tuiste gemaak.

Anglo-Boer War blockhouses is beskikbaar in Kraal Uitgewers se e-winkel teen R420.

 

 

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest