Leesvordering:

Nuwe Film: Modder en Bloed

Aug 17, 2017

Modder en Bloed is nie jou tipiese Boereoorlogfliek nie. Dis ’n goedvoelfliek met ’n massiewe hart, en hoewel die geweld en onreg van oorlog deel van die storielyn vorm, is dit vriendskap, waagmoed en spangees wat die botoon voer. Die fliek fokus op ’n groep krygsgevangenes op St. Helena wat deur die Engelse troepe aan rugby bekend gestel word.

Hulle word deur die sadistiese en wrede kolonel Swannell tot ’n wedstryd uitgedaag – krygsgevangenes teen Engelse kampwagte, en daar volg ’n epiese stryd wat ’n rugbywêreldbekerwedstryd soos ’n kinderpartytjie laat lyk. Die ensemble bestaan uit bekende en begaafde Suid-Afrikaanse akteurs soos Stian Bam, Jacques Bessenger, Deon Lotz, Edwin van der Walt, Gustav Gerdener en De Klerk Oelofse. Grant Swanby blink uit as die booswig, kolonel Swannell. Sean Else doen baie goeie werk as regisseur, terwyl uitstekende kostuums en kamerawerk tot ’n baie bevredigende fliekervaring bydra. Hierdie fliek bied nie net iets vir aanhangers van rugby of diegene met ’n belangstelling in die Boereoorlog nie – die universele temas en sterk storielyn verseker dat elke persoon meegevoer word en diep meegevoel met die lot van die karakters ontwikkel. As jy nog nie op Showmax ingeteken het nie, maak onmiddellik so vir toegang tot die beste Suid-Afrikaanse vermaak.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest