Nuwe land, selfde jy: Oorwin só die kultuurskok

27/09/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Steven-Lewis.-Unsplash

So jou planne om oorsee te gaan is bevestig? Voorspoed! Of jy nou emigreer, tydelik in die buiteland gaan werk of selfs gaan studeer, ’n nuwe wêreld is pas vir jou oopgemaak met nuwe avonture, mense, disse, klimate en kulture. Dié nuwigheid kan egter baie gou vreesaanjaend word as jy nie die nuwe land se giere en grille met die regte houding aanleer nie. Hier is ’n paar wenke om te verhoed dat jy vasgevang word in die ellende van kultuurskok.

  1. Vermy vergelykings

Alhoewel dit onwaarskynlik is dat jy nié aspekte van jou nuwe bestemming met jou tuisland sal vergelyk nie, is dit tog noodsaaklik om oopkop te bly oor die onbekende. As jy alles deurgaans vergelyk met waaraan jy gewoond is, selfs al is Suid-Afrika slegter af in die vergelyking, kan jy op ’n dwaalspoor van negatiwiteit beland. Probeer om nuwe avonture sonder enige vooropgestelde idees aan te pak. Jy is immers in die bevoorregte posisie om ’n nuwe land te leer ken.

  1. Klim uit jou gemaksone

Die groot onbekende is gemaak om jou uit te daag. As jy iemand is wat sukkel om nuwe vriende te maak en plekke wat gons met mense ten alle koste vermy, is dit maklik om elke aand in jou huis of kamer met jou vriende en familie by die huis te sit en gesels. Jy ontneem jouself egter van die plesier om nuwe mense te ontmoet en hulle kultuur te leer ken.

Heinrich, ’n uitruilstudent in België wat weens die korona-pandemie nie kon terugkeer Suid-Afrika toe nie, moes dit op die moeilikste wyse moontlik leer. Vasgekeer in sy koshuiskamer en omring deur ander uitruilstudente het hy besef as hy nie nou uit sy gemaksone klim nie, sal hy stadig maar seker stukkies van homself verloor. “Die mens is ’n sosiale wese. Ek sou nooit voorheen daaraan gedink het om met die ander mense in my studentehuis te praat of kuier nie, maar toe die opsie van kontak na buite nie meer daar was nie, en my vlug huis toe op ys geplaas is, het ek besef dié mense sukkel heel moontlik met dieselfde sosiale angs as ek.”

Leer ken die mense om jou en sien die moontlikhede van nuwe vriende raak. Dit kan die vreemde land dalk so ’n bietjie bekender laat voel.

  1. Aanvaar mense se unieke eienskappe

Voor enige reis is dit belangrik om te begryp dat nie net mense se aksent en fisiese voorkoms van joune kan verskil nie, maar ook hulle geloofsoortuigings, houding teenoor buitelanders en denkwyses. Die wêreld het ’n ryk verskeidenheid kulture en dié kulture stem nie altyd ooreen nie. Bly oopkop oor die mense wat jy teëkom en probeer om nie betrokke te raak by mags- en meningsverskille tussen verskillende rasse, gelowe, nasionaliteite of geslagte nie. Nie net kan dit jou geheel en al van jou fisiese omgewing vervreem nie, maar dit kan ook aanleiding gee tot konflik met die mense wat jy as jou tydelike medelandsburgers moet aanvaar.

  1. Aanvaar die nuwe, maar behou die oue

’n Maklike manier om oor die skok van ’n nuwe kultuur te kom, is om hulle te beïndruk met jou eie! Daar is niks so lekker soos eg Suid-Afrikaanse kos, staaltjies, aksente, musiek en flieks nie! Soos wat jy aanpas in jou nuwe omgewing, is dit dalk goed om jou gunsteling-gedeeltes van Suid-Afrika te deel met jou nuwe vriende.

Bianca, ’n Engelse onderwyser in Thailand, het foto’s geneem van haar gunstelingplekke in Suid-Afrika en haar nuwe woning daarmee versier. Sy maak ook nog waar sy kan eg Suid-Afrikaanse disse soos breyani en hoenderkerrie. “Ons is ’n groot groep ekspats wat saam in dieselfde gebou woon en ons hou gereeld kultuur-uitruilaande. Dit help ons om vas te hou aan ons eie land terwyl ons steeds meer sien en leer as wat selfs Thailand het om ons te bied.”

Deur die magdom kulture wat die wêreld bied te vier, vergeet jy hoe vreemd jou nuwe werklikheid is.

  1. Maak tyd vir jouself

Gaan ’n ooreenkoms aan met jouself: Doen elke dag een ding net vir jouself en een ding waarvoor jy bang is. Neem ’n busrit na ’n gedeelte van die stad wat jy nie ken nie of maak ’n gereg wat aardsvreemd is; pak dit aan met die wete dat jy jouself kan beloon met iets wat vir jou bekend en gemaklik is. Dié ruiltransaksie beteken dat jy nie jouself oorweldig met nog meer uitdagings nie, maar eerder stadig maar seker ontdooi en gewoond raak aan die onbekende.

Kultuurskok is onvermydelik en uitdagend. Maak tyd vir jouself, maar probeer ook om elke dag ’n bietjie meer van die vreemde te leer ken.

Hierdie artikel is op 20 September 2020 gepubliseer op Wêreldwyd se webtuiste. Ná onlangse navrae hieroor publiseer ons die artikel weer ter inligting.

LEES OOK: Kultuurskok – jy is nie immuun daarteen nie

Deel op

"*" indicates required fields

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels