Leesvordering:

Nuwe paspoortreëls vir minderjariges: Doen nou só aansoek

Aug 19, 2019

Minderjariges in Suid-Afrika kry nou ’n nuwe paspoort waarin beide die ma en die pa se besonderhede ingesluit word. Dit is ’n groot stap vir Suid-Afrika ná baie kritiek op die immigrasiebeleid en vereistes rakende minderjariges wat sonder hulle ouers reis. Dit beteken ook ’n verandering in die aansoekproses. Nou móét beide ouers die aansoekvorm vir die minderjarige se paspoort teken en teenwoordig wees wanneer die aansoek ingedien word.

Alhoewel dit in sekere omstandighede moeilik kan wees, sluit dit baie moontlike administratiewe nagmerries uit wanneer jou kind sonder sy ouers reis. Gelukkig kan jy nou ook aanlyn aansoek doen vir jou kind se paspoort en is dit nie meer nodig om ure in ’n ry by Binnelandse Sake te gaan staan nie! Al wat jy nodig het om te begin, is internettoegang, jou ID en toegang tot jou internetbankdienste. Gebruik dié skakel om seker te maak wat dit jou uit die sak gaan jaag voor jy begin: http://www.dha.gov.za/index.php/fees

Aanlyn prosedure stap vir stap

  1. Registreer op eHomeAffairs se webtuiste.

Skep vir jouself ’n profiel en kies ’n wagwoord.

Die stelsel sal dan ’n PIN na jou selfoon stuur.

  1. Vul die “Nuwe aansoek vir minderjariges” in onder die aansoeke vir “Reisdokumente”.

Heg ’n kopie van beide ouers se ID aan. Jy moet die oorspronklike ID’s tydens die afspraak wys.

LET WEL: Julle moet afsonderlike vorms vir beide ouers en die kind invul.

  1. Doen die betaling.

Vul jou bankbesonderhede in en skakel dan by jou aanlyn bankdiens in.

Voeg die Departement van Binnelandse Sake by jou begunstigdes, voeg jou verwysing in en keur die betaling goed.

  1. Maak ’n afspraak om jou biometriese data te verskaf.

As jy in Kaapstad, Johannesburg of Pretoria woon, kan jy dit by ’n banktak met die nodige fasiliteite doen. Hier is ’n lys banktakke waaruit jy kan kies: https://mybroadband.co.za/news/government/161718-the-bank-branches-where-you-can-apply-for-your-smart-id-card.html Jy kies ’n tyd, en jou afspraak word per SMS bevestig.

Indien jy Binnelandse Sake toe gaan vir jou afspraak hoef jy nie ’n tydgleuf te bespreek nie; jy daag net by jou naaste tak op.

  1. Woon jou afspraak by.

Neem jou ID saam.

Neem ook twee volkleur ID-foto’s saam as jy na Binnelandse Sake toe gaan. Indien jy na ’n banktak toe gaan, behoort jy nie foto’s te benodig nie aangesien die meeste banke fasiliteite het om ID-foto’s digitaal te neem.

LET WEL: Beide ouers moet by die afspraak teenwoordig wees. Ook as ouers geskei is en die reg nie na ’n enkele ouer oorgedra is nie, moet albei teenwoordig wees. As een ouer nie opgespoor kan word nie moet die saak na die kinderhof verwys word. As een ouer oorlede is, moet jy ’n kopie van die doodsertifikaat saamneem. Alhoewel die reëls streng toegepas word, verloop die proses redelik vinnig as al jou dokumente in orde is.

  1. Wag vir bevestiging.

Sodra jou paspoort gereed is, sal jy ’n kennisgewing per SMS of e-pos ontvang. Dit neem gewoonlik sowat 10 dae.

Probeer die aansoekproses so gou as moontlik afhandel ingeval jy bykomende dokumente moet verskaf of dit moeilik is om beide ouers by die afspraak te kry.

LET WEL: Indien jou kinders jonger as 15 jaar is, moet jy steeds hulle geboortesertifikate byderhand hou as julle saam reis.

Indien jy nie die aanlyn proses wil volg nie, kan jy die DHA-73 vorm van die internet aflaai en invul of ’n vorm by Binnelandse Sake kry.

Sterkte met die proses!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest