Oktober se snuffelrak vir die jongspan

Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:

  • Best Books Lees en kyk met begrip: GR 7 AFR EAT

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 7 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za. Vind meer uit

Laai gratis Memorandum hier af

  • Best Books Lees en kyk met begrip Graad 8 AFR EAT

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en opsommings. Vind meer uit

Laai gratis Memorandum hier af

  • Best Books Lees en kyk met begrip: Graad 9 AFR EAT

Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied ’n skat van splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te help versterk. Eerste Addisionele Taal-leerders in graad 9 sal aanklank vind by die inhoud, wat met sorg uitgesoek isom aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns. Materiaal wissel van artikels en berigte tot advertensies, strokiesprente, en

opsommings. ’n Memorandum met antwoorde op die vrae is ná publikasie beskikbaar by bestbooks.co.za. Vind meer uit

  • In die Nimmer-Immer-Bos

Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar ‘n wêreld van stories wag! Hier is sestig tydlose verhale, byeengesoek en oorvertel deur Linda Rode, sprokiesliefhebber en skepper van immergroen bundels soos Goue lint, my storie begint en Stories vir die vaak.  Fiona Moodie (veral bekend vir Fynbosfeetjies en Vetplantfeetjies, saam met Antjie Krog) se illustrasies is handgeverfde droënaaldetse en maak van die boek ‘n kunsskat om te waardeer en te bewaar. Vind meer uit

  • Hoe gril ek nou!

Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.Vind meer uit

  • Die hond met die stert sonder swaai

Jakkals word wakker met ‘n stert wat nie wil swaai nie. Is sy dalk siek? Kan ‘n hond se stert net skielik breek? Haar mense is bekommerd, maar dis Lolliepop, Jakkals se beste maat, wat raai wat fout is. Hulle twee swem mos graag in die dam, waar Jakkals duik en rol soos ‘n wafferse walvis. Al wat Jakkals nodig het om beter te word, is iemand wat verstaan, soos Lolliepop! Vind meer uit

  • Speurhond Willem in die Amasone

Die aartsskelm Brummel is weer op vrye voet, en op die spoor van ‘n sampioen wat in die Amasone groei en glo ‘n wonderkrag het: die mens wat dit eet, raak net slimmer en slimmer. Die avonturier William Travis wil dit eerste vind, maar vir weke het niemand van hom gehoor nie. Het die oerwoud hom ingesluk? Dis immers vol gevare: anakondas, poemas, krokodille . . . Brummel besluit hy’t hulp nodig, en wie beter om aan sy kant te kry as die slimste hond op Aarde?

Vind meer uit

  • Best Books vir klaslees: Die emmerskoplys

Die verhaal neem die lesers op ʼn lugballonavontuur saam met Katerien, Stef, Ouma Kathie en ʼn Great Dane-brak – Krummel. Ouma Kathie se emmerskoplys neem hulle letterlik na hoër hoogtes. Die titel vorm deel van die Best Books vir klaslees-reeks wat fokus op leesboeke wat EAT-leerders in die klas kan lees. Die memorandum vir die kontekstuele vrae agterin die boek, asook ekstra onderrigmateriaal, word gratis na publikasie van die boek op bestbooks.co.za gelaai. Vind meer uit

Foto: johnny-mcclung-unsplash

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest