Leesvordering:

Om te gee of nie te gee nie: Hoe fooitjies in ander lande werk 

Sep 26, 2019

In Suid-Afrika is almal daaraan gewoond om ’n fooitjie van 10% vir die kelner by te werk of selfs vir petroljoggies ’n paar munte te gee as hulle jou windskerm was. Alle lande is egter nie dieselfde nie. In Turkye word fooitjies net in kontant aanvaar en in ander lande word dit as oneerbiedig beskou om ’n ekstra fooi te gee.

Soortgelyk aan Suid-Afrika

Die VSA, Kanada en Colombia is soortgelyk aan Suid-Afrika, behalwe dat meeste dienspersoneel ’n fooi van 15% tot 20% sal verwag. Die aanname in die VSA is dat hoe beter die diens is, hoe hoër moet die fooi wees en hoe beter diens sal jy volgende keer ontvang. So is dit ook in Marokko en Indië aanvaarbaar wanneer jy swak diens ontvang om geen fooi te betaal nie, en soos Suid-Afrika word ’n fooi van 10% as vrygewig beskou.

Fooie wat reeds ingesluit is

Talle ander lande sluit reeds ’n fooi by hulle restaurantrekeninge in en jy hoef daarom nie nog 10% tot 15% by te werk nie. Lande soos Spanje, Costa Rica, Frankryk, Duitsland, Chili, Griekeland, Hongarye en die Tsjeggiese Republiek sluit meestal die fooi reeds by die rekening in.

Die woord in Duitsland wat ’n fooi aandui is Trinkgeld, wat as “drinkgeld” vertaal word, en in Frankryk word dit pourboire genoem wat ook dieselfde betekenis het as in Duitsland.

Lande soos Oostenryk, Italië, Rusland, Ierland, Portugal en die Verenigde Koninkryk het nie ’n sterk fooikultuur nie hoewel mense steeds ’n fooi van 5% tot 10% los indien dit nie by die rekening ingesluit is nie. Drywers en kroegmanne in dié lande verwag nie ’n ekstra fooi vir hulle diens nie.

In lande soos Indië, Dubai en Egipte sal die fooitjie wat by die rekening ingesluit is nie na die kelner gaan nie, maar na die restaurant. In Rusland moet jy seker maak jy gee jou fooi direk vir die kelner, want as jy jou fooitjie op die tafel los aanvaar die bestuur van die restaurant dit behoort aan hulle!

Midde-Ooste en Asië

Die Midde-Ooste en Asië werk weer anders. In Katar, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate verwag kelners ’n fooi van 15% tot 20% en in Dubai kan kelners in sekere gevalle ’n fooi van 15% tot 20% verwag bo en behalwe die fooi van 10% wat by die rekening ingesluit is. In die Iranse kultuur beteken geskenke baie meer as geldelike bydraes en word toeriste aangemoedig om eerder ’n klein geskenk vir hotelwerknemers te gee om dankie te sê vir hulle diens.

Lande met geen fooikultuur nie

Daar is gelukkig ook lande waar daar geen verpligting is om fooitjies te gee nie, waaronder die volgende:

  • China
  • Singapoer
  • Frans-Polinesië
  • Japan
  • Nepal
  • Korea
  • Hongkong
  • Switserland
  • Denemarke
  • Estland

In Japan en Hongkong kan dit selfs as ’n belediging beskou word wanneer jy ’n fooi los omdat goeie diens as standaard beskou word. Indien jy sterk daaroor voel om ’n fooi te gee, plaas dit in ’n koevert en gee dit direk vir die kelner. Israel het ook ’n interessante gebruik; behalwe vir ’n fooi van 12% wat normaalweg ingesluit word, moet jy ook een shekel gee vir elke persoon wat aan tafel sit.

Lande waar fooitjies nie algemeen gebruik was nie, soos Indonesië, Thailand en Viëtnam, word ook al meer gewoond aan fooitjies weens die groot aantal toeriste wat hulle ontvang. Australië en Nieu-Seeland het ook nie histories ’n fooikultuur nie, maar dit word deesdae al hoe meer die norm.

As jy onseker is kan jy altyd net die bedrag op jou rekening afrond, of anders kan jy bloot vra watter persentasie aanvaarbaar is. En onthou, selfs al gee jy ’n fooitjie, is vriendelikheid soms die beste bydrae wat jy tot iemand se dag kan maak!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest