Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: AanTafelThuis

Mar 4, 2024

Hierdie week se kollig is op AanTafelThuis. AanTafelThuis is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor AanTafelThuis

AanTafelThuis is gestig deur die Suid-Afrikaner Estelle Steyn. Estelle se bekoring met huisdekor is deur haar ma aangevuur, wat haar voorgestel het aan die towerkrag van ’n pragtige tafel, heerlike kos en gesprekke met familie. Hierdie spesiale dog alledaagse etes is steeds van Estelle se geliefkoosde herinneringe.  

In 2020 het Estelle en haar gesin na Nederland vertrek op pad na ’n nuwe avontuur. As werkende ma met twee kleuters het sy gesukkel om tyd af te knyp om ’n bietjie towerkrag om die eettafel te skep. Weens die malheid van werk, kinders en tyd wat verbyvlieg voordat jy kan “mes” sê, was maklik bruikbare versierings nodig om ’n etenstafel tuis te skep wat mense nooi om te kom aansit – huisdekor wat mens opgewonde maak en help om vreugde en inspirasie in die alledaagse te vind.

Dit is waarom Estelle toe AanTafelThuis begin het, want dit is huisversierings wat oomblikke skep om te geniet. Die eerste produkte is spesiaal ontwerpte plekmatjies. Dit is aantreklik, mooi en maklik om te gebruik. Dit sal jou tafel in ’n oogwink mooier laat lyk.

Ons wens jou ’n hele paar vreugdevolle oomblikke toe, en – uiteraard – smaaklike etes!

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak AanTafelThuis

Klik hier om AanTafelThuis se webtuiste te besoek.

Klik hier om AanTafelThuis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: Heinco Plumbing Services

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest