Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Belle Moi Sugar Scrubs

Jun 25, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaners in die buiteland bymekaar om ‘n netwerk te skep wat werk! Ondersteun ondernemings in Suid-Afrikaanse besit in jou omgewing. Elke week kies Wêreldwyd een van die ondernemings op die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Belle Moi Sugar Scrubs in Nieu-Seeland.

Belle Moi is Frans vir “Mooie ek” en die stigter, Anriëtte, glo in goeie selfsorg. DIt is uit hierdie liefde vir selfsorg en goedvoel wat Anriëtte Belle Moi begin het want daar is nie ‘n beter manier om jouself te bederf as met ‘n lekker tuisgemaakte suikerskrop nie.

‘n Suikerskrop vorm ‘n belangrike deel van enige velsorgroetine. Suiker skuur saggies die dooie velletjies af en berei jou vel voor om jou lyfroom of lyfolie te gebruik. Van Belle Moi se suikerskroppe bevat essensiële olies om ekstra voordele by te voeg.

Besoek Belle Moi se Facebookblad hier
Besoek Belle Moi se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest