Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos rugby en braai op ‘n Saterdag. Hier kan jy amper alles kry om die verlange huis toe beter te maak, jy kan selfs behoorlike biltong en ander Suid-Afrikaanse straatkos by ‘n restaurant bestel! Soos hierdie week se onderneming in die Kollig, Biltong Bar in Atlanta.

Biltong Bar is die eerste restaurant van sy soort in die wêreld, ‘n Suid-Afrikaanse gastrokroeg wat spesialiseer in straatkos. Met een restaurant in die Central Food Hall van Ponce City Market in Atlanta en ‘n ander een by The Shops Buckhead Atlanta, bied Biltong Bar heerlike natuurlik gedroogde biltong en ‘n roterende spyskaart wat fokus op groot en klein bord geregte.

Biltong Bar is ook aangewys as een van die 21 top cocktail kroeë in die VSA en bied hulle ‘n wye verskeidenheid craft skemerkelkies en biere om jou ervaring nog meer onvergeetlik te maak.

Biltong Bar stel ook hul perseel oop vir spesiale geleenthede en as jy reeds gebruik maak van ‘n ander perseel kan jy steeds van Biltong Bar se spyseniering gebruik maak.

Besoek Biltong Bar se webblad hier

Besoek Biltong Bar se Facebookblad hier

Besoek Biltong Bar se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest