Wêreldwyd se eiesoortige Wêreldgids is hier om die verlange huis toe so ’n bietjie draagliker te maak. In die gids kan jy sien waar jy koeksisters en biltong kan koop en selfs of daar Afrikaanse dokters, veeartse en prokureurs in jou omgewing geleë is! Elke week kies ons by Wêreldwyd een onderneming om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Blerrie Lekker in die VK.

Blerrie Lekker Ltd verkoop ’n wye verskeidenheid van ons mees geliefde Suid-Afrikaanse lekkernye soos Tastic-rys, Ouma-beskuit en NikNaks. Ons verkoop biltong, droëwors en boerewors. Die biltong is beskikbaar in verskillende geure soos peper en brandrissie, terwyl ons ook wildsbiltong – wat koedoe, volstruis en springbok insluit – verkoop. Ons verkoop ook ander bekende Suid-Afrikaanse produkte soos rooibostee, Fritos, Fanta Grape, Sparletta en Ricoffy.

Adres: Unit 54 Alston Drive, Bradwell Abbey

            Milton Keynes
Besoek Blerrie Lekker Ltd se webtuiste hier
Besoek Blerrie Lekker Ltd se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest