Wêreldwyd se Wêreldgids is so trots Suid-Afrikaans soos ouma se melktert. Hier kan jy nie net sien waar om biltong te koop nie maar ook waar jy in Afrikaans of in jou beste Suid-Afrikaanse Engels jou probleme kan verduidelik aan iemand wat sal verstaan wat jy bedoel. Elke week kies ons by Wêreldwyd een van die ondernemings van die gids af om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit Broadwater Dental in Southport, Australië.

Onthou jy nog hoe jy jou tand wat jy losgewikkel en self getrek het in jou pantoffel sou sit en hoop dat die tandemuis vir jou ‘n rand of twee sou los in ruil vir jou tand? Volwassetande is nie so eenvoudig nie en dit is beter om eerder na ‘n tandarts toe te gaan wat weet wat hy doen as wat jy self sukkel met jou tande.

By Broadwater Dental glo dr. Peter Hoch dat die beste vorm van tandheelkunde die soort is wat nie die pasient ‘n vreesaanjaende ervaring gee nie. Broadwater Dental gebruik minder indringende metodes om vir jou die beste ervaring te gee om te verseker dat jy nie angsbevange wag vir jou volgende afspraak nie.

Besoek Broadwater Dental se webtuiste hier

Besoek Broadwater Dental se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest