Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Bumble Bee Airport Shuttle Service

Mei 26, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos rooibostee en kondensmelk. As jy verlang na Ouma beskuit, koeksisters en biltong of om jou skete in Afrikaans aan jou dokter te verduidelik dan is jy nou op die regte plek. Dit is nie maklik om aan te pas in ‘n nuwe land nie en die Wêreldgids is daar om die verlange so klein bietjie ligter te maak. Elke week kies die Wêreldwyd span een van die ondernemings op die gids om in die kollig te verskyn en hierdie week se onderneming in die kollig is Bumble Bee Airport Shuttle Service.

Na ‘n lang vlug is die rit van die lughawe af die laaste ding waaroor jy bekommerd behoort te wees. Bumble Bee bied ‘n 24 uur vervoerdiens van en na O.R. Tambo lughawe. Bumble Bee stap die ekstra myl vir jou. Hulle bied selfs spesiale toere na die Kruger Nasionale Park, Sun City en Pilanesberg. Bumble Bee hou ook die status van jou vlug dop en stel jou in kennis as jou vlug vertraag is.

Bumble Bee verseker ook ‘n veilige en gerieflike reis van en na die lughawe vir bejaarde kliënte en kliënte wat gebruik maak van ‘n rolstoel of verpleërs en spesiale toerusting. Kinders wat reis? Bumble Bee se personeel sal verseker dat hulle ‘n veilige ervaring het. Bonus: Jy hoef nooit weer bekommerd te wees oor parkering by die lughawe nie of om vriende of familie te vra om die lughawe verkeer vir jou te trotseer nie.

Besoek Bumble Bee se webblad hier

Besoek Bumble Bee se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest