Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Apr 23, 2024

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Diamond Tree Jewellery Studio

Onthul jou persoonlike liefdesboodskap deur Diamond Tree Studio se subtiele kombinasie van elegansie, kreatiewe insig en unieke ontwerp.

Liana en Mark is ’n man-en-vrou-span wat hul jarelange ervaring in die juweliersbedryf gekombineer het. Met dié ervaring, vriendskap en vertroue wat hulle oor die jare heen in die juweliers- en media-/bemarkingsbedryf gekweek het, is Diamond Tree Studio iets waaroor hulle passievol is. Hulle voel bevoorreg om nou saam te kan werk aan iets waarvoor hulle lief is.

Alle juweliers-, giet- en vervaardigingsmaatskappye met wie  Diamond Tree Studio sake doen, is keurig gekies uit Australies gebaseerde maatskappye met wie ons oor die jare kennis gemaak het. Die beste deel van die hierdie maatskappye is dat hulle baie vinnig ons vriende geword het en ons is – weer eens – bevoorreg om langs ons beste vriende en eweknieë te kan werk.  

Ons juwele word verkry by Australies gebaseerde maatskappye van die mees etiese en naspeurbare bronne in die wêreld. Van Kalgoorlie tot al die pad by ons vriende in Praag – ons kies slegs die beste.

Liana en Mark het by sowel boetiek- as topjuweliersmaatskappye gewerk as kontrakteurs én werknemers, plaaslik asook nasionaal, maar die wekroep om Diamond Tree Studio te verwesenlik, was eenvoudig net te sterk!

Ons kan nie wag om met jou te gesels en die reis by ons ateljee in Rockingham te begin nie.  

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Diamond Tree Jewellery Studio

Klik hier om Diamond Tree Jewellery Studio se webtuiste te besoek.

Klik hier om Diamond Tree Jewellery Studio op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest