Met Wêreldwyd se unieke Wêreldgids kan jy sommer vinnig tuis voel tussen jou eie mense in jou nuwe wêreld. Op die Wêreldgids is daar ietsie van alles, daar is Afrikaanse dokters, winkels met biltong en droëwors, restaurante met bobotie op die spyskaart en, vir die met ’n liefde vir die fyner dinge in die lewe, ’n juwelier uit Suid-Afrika om jou droom juwele vir jou te maak en ontwerp. Soos hierdie week se onderneming in die Kollig, Ecali Fine Jewelery.

Die konsep van ’n Ecali-ring begin by ’n vonkie in die verbeelding van die juwelier, die ontwerper, die verliefde metgesel of selfs die passievolle kliënt. Van die heel begin af vervul die ring ’n waardevolle doel – dit sê “Ek is lief vir jou”, “Dankie” of “Jy verdien dit”.

Die edelsteen word uitsonderlik vertoon of die sentimentele ontwerp word met groot sorg vasgevang. Hierdie vonkie is waar ’n leeftyd van geluk begin.

Besoek Ecali se webblad hier

Besoek Ecali se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier 

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest