Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Expat Explore Travel

Apr 24, 2019

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen in jou omgewing. So eg Suid-Afrikaans soos sokkie in die skoolsaal en rugby-raai. Biltong, Ouma-beskuit, blatjang, hulp met finansiering, emigrasie, Suid-Afrikaanse prokureurs, restaurante en nog meer word gevind op die Wêreldgids van Suid-Afrikaanse besighede in die wye wêreld. Ondersteun mede-Suid-Afrikaners in jou omgewing.

Hierdie week val die kollig op Expat Explore Travel. Net omdat jy ’n streng begroting het, beteken dit nie dat jy nie kan reis nie, en Expat Explore Travel is die kenners op die gebied van bekostigbare reise.

Expat Explore is een van Europa se bestewaarde-toeroperateurs en ons bied al langer as 13 jaar bustoere onder kundige leiding wêreldwyd. Ons missie is om reis prettig, gerieflik en bekostigbaar te maak vir reisigers van dwarsoor die wêreld.

Ons het ’n verskeidenheid van meer as 60 reisplanne wat bestemmings dwarsoor Europa, Noord-Amerika, Afrika, Suidoos-Asië en die Midde-Ooste verken.

Carl Cronje en Jakes Maritz, twee uitgeweke Suid-Afrikaners wat in Londen woon, het Expat Explore Travel gestig in die gees van entrepreneurskap en ‘n brandende passie vir reis.

Hulle wou ’n maatskappy bou wat bekostigbare, gerieflike toere aanbied wat vir reisigers die beste moontlike waarde vir geld bied. Elke hotel en restaurant word deeglik gekeur en elke toer word fyn beplan om niks minder nie as ’n een-keer-in-’n-leeftyd-reisbelewenis te bied.

Ons bied verbasend lae pryse aan en jy hoef nie alles te betaal wanneer jy bespreek nie – ’n 10%-deposito bevestig jou sitplek, en alle vertrekdatums word gewaarborg.

Jy gaan die reis van jou lewe ervaar!

Besoek Expat Explore Travel se webtuiste hier
Besoek Expat Explore Travel se Facebook-blad hier
Besoek Expat Explore Travel se profiel op die Wêreldgids hier
Lys jou onderneming hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest