Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Knysna Café & Bar

Feb 7, 2022

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Knysna Café & Bar in Paraparaumu, Nieu-Seeland.

Knysna is ’n café wat deur die familie besit en bestuur word. Dit is in 2021 deur die man-en-vrou-span, Andrew en Tanya, begin. Na hul vir meer as 15 jaar ’n suksesvolle restaurant in Suid-Afrika besit het, het hul uiteindelik die geloofsprong geneem en iets van hul eie in Nieu-Seeland begin. Knysna Café and Bar bied heerlike ligte ontbyt en middagetes asook ’n paar verruklike aandete-opsies. Ons eg Suid-Afrikaanse melkterte, malvapoedings en Peppermint Crisp-terte word handgemaak deur Tanya. En … moenie van die watertandlekker Dom Pedros en boetiek- geroosterde koffie vergeet nie.

Die spyskaart spog met ’n paar klassieke Kiwi-disse asook ’n paar Suid-Afrikaanse gunstelinge. Ons is trots op die gehalte en varsheid van ons maaltye en omdat ons ook trots is daarop om tot ons gemeenskap by te dra, is ons daartoe verbind om soveel as moontlik plaaslike produkte te gebruik.

Knysna Café & Bar is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys, hierdie gids stel ander Afrikaners in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n 1 000 ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.


Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest