Wêreldwyd se unieke Wêreldgids het alles wat jy moontlik kan nodig hê om tuis te voel in ’n vreemde land, van biltong en braaivleis tot Afrikaanse dokters in jou omgewing. Alles op die gids is so trots Suid-Afrikaans soos ’n Saterdagaand bring en braai. Elke week kies Wêreldwyd een onderneming om in die Kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die Kollig is, Lekker Company in Singapoer

Lekker Company is gestig in 2016 met die doel om ‘n klein smakie van Suid-Afrika na mede Suid-Afrikaners in Singapoer te bring met hulle beroemde boerewors en biltong. Lekker Company meen dat jy hulle produkte die beste sal geniet rondom ‘n groot vuur saam met familie en vriende.

Lekker Company se produkte word nie gevries voordat dit by jou afgelewer word nie, alles is hoë kwaliteit, vars produkte wat by jou voordeur afgelewer word – as jy nie na hul winkel wil gaan nie. By Lekker Company kan jy uitsien na ’n groot verskeidenheid vars vleisprodukte soos, boerewors, droëwors, biltong, rump steak, sosaties en nog baie baie meer.

Adres: 22 Senoko South Weg, Singapoer

Besoek Lekker Company se profiel op die Wêreldgids hier

Besoek Lekker Company se webtuiste hier

Lys jou onderneming op die Wêreldgids

 

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest