Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Lekker Saffa Spaza

Jul 8, 2020

Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is eie in sy soort, hier kom Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies. Hierdie week se onderneming in die Kollig is Lekker Saffa Spaza in Suid-Korea.

Suid-Korea is ongeveer 13 000km van Suid-Afrika af. 13 000 km van al jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye af, maar gelukkig is Lekker Saffa Spaza daar om Suid-Afrikaners in Suid-Korea se kaste vol van hulle gunstelinge te hou. Lekker Saffa Spaza het al jou gunsteling lekkernye, boeke, geskenke en klere.

Lekker Saffa Spaza loop die ekstra myl om te sorg dat jy tuis voel. Al wat jy hoef te doen is om jou bestelling te plaas en die Lekker Saffa Spaza span sal jou Suid-Afrikaanse pakkie by jou voordeur aflewer.

Besoek Lekker Saffa Spaza se Facebookblad hier

Besoek Lekker Saffa Spaza se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming gratis hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest