Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Maxie Vermeulen Heppell Artist

Mar 24, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Maxie Vermeulen Heppell Artist.

Ons raak soms so vasgevang in die deurmekaar detail van ons lewens dat ons die pragtige samestelling van tyd en doel miskyk. Eers as ons ’n entjie wegstaan kan die afstand ons visie verhelder sodat ons die waarde van ’n klein begin regtig waardeer, hoe wanordelik dit ook al lyk.

Dit word ook weerspieël in my kuns wat die waarnemer toelaat om oor ’n afstand vanuit hulle gesigshoek skoonheid en volmaaktheid te vind, terwyl dit hulle terselfdertyd nader trek met die oënskynlik lukrake samestelling van nietighede. Dit daag hulle uit om waarheid te ontdek deur weg te staan van die wanorde van nietighede af.

As ’n opkomende kunstenaar ondersoek ek nog die grense van my vermoë en word dus nie afgeskrik deur moontlike mislukking nie. Vandag se mislukking word môre se inspirasie.

  • Afdrukke beskikbaar
  • Prys beskikbaar op aanvraag

Kontak Maxie Vermeulen Heppell Artist

Telefoon: +44 7951 999235

E-pos: maxieheppell@yahoo.com

Klik hier om Maxie Vermeulen Heppell Artist op Facebook te besoek.

Klik hier om Maxie Vermeulen Heppell Artist in Wêreldwyd se Wêreldgids te vind.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest