Om in ’n nuwe land aan te pas is nie kinderspeletjies nie. Dit kan oorweldigend wees om nuwe winkels te besoek, alles in ’n nuwe taal te doen en dan nog bekommerd te wees oor goed soos versekering, dokters en kerke. Die Wêreldgids is daar om jou te help. Elke week kies die Wêreldwyd-span een van die ondernemings op ons gids om in die kollig te verskyn. Hierdie week se onderneming in die kollig, Mutual Financial Services, is daar om jou met al jou finansiële behoeftes by te staan.

Mutual Financial Services is ’n verskaffer van finansiële dienste wat in Auckland, Nieu-Seeland gebaseer is. Die MFS-span verstaan dat die lewe ingewikkeld kan raak en dat individue ’n behoefte het aan makelaars en kenners wat hulle belange op die hart dra en hulle sal help om ingeligte besluite te neem.

Ons bied ’n wye verskeidenheid dienste aan om ons kliënte volgens hul eie unieke versekeringsbehoeftes by te staan. Boonop kan ons jou ook bystaan met jou verband en ander finansiële benodighede. Ons het toegang tot die beste produkte en produkverskaffers in Australasië en internasionaal.

Maak die regte besluit vir jou finansiële sekuriteit en word deel van die Mutual Financial Services-familie.

Besoek Mutual Financial Services se webtuiste hier

Besoek Mutual Financial Services se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

Hierdie artikel is ook beskikbaar in: English

Wêreldwyd
Wêreldwyd

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest