Leesvordering:

Onderneming in die kollig: Oh Lief

Jun 2, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos kerrie en rys by ’n kerkbasaar. Van biltong en braai tot dokters en motorwerktuigkundiges – hier skep ons ’n netwerk van Suid-Afrikaanse ondernemings in ander lande. Wêreldwyd kies elke week een van hierdie ondernemings om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se Onderneming in die Kollig is Oh Lief.

Oh Lief se natuurlike en organiese babaprodukte word van organiese, ekstra fyngefiltreerde (“extra virgin”) olyfolie en byewas gemaak. Ons glo in veilige produkte vir babas en gesinne.

Ons naam verwys na olyfolie, wat die hoofbestanddeel in al ons produkte is, asook na ons liefde vir alles wat natuurlik is. Ons produkte bevat geen skadelike chemikalieë, kunsmatige reukmiddels, petroleum, parabens, kunsmatige kleurmiddels of neutolie nie. Ons gebruik ekstra fyngefiltreerde olyfolie en byewas as basis en kombineer dit met verskeie ander organiese bestanddele om ’n volledige reeks produkte te skep wat ideaal is vir alle velsoorte.

Ons glo in veilige produkte vir babas, kleuters en elke lid van die gesin, en dit is hoekom geen van ons produkte skadelik is vir sensitiewe velle of die omgewing nie.

Besoek Oh Lief in die Verenigde Koninkryk en in Nederland:

Nederland:

Besoek hulle by hul webtuiste

Volg hulle op Facebook. 

Stuur ’n e-pos: info@ohlief.com

Verenigde Koninkryk:

Besoek hulle by hul webtuiste

Volg hulle op Facebook

Stuur ’n e-pos: christine@ohlief.com

 

 

 

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest