Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Ontmoet eiendomsmakelaars in Nieu-Seeland

Feb 9, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in kontak te bring. Ondersteun Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing.

Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek is eiendomsagente in Nieu-Seeland in die kollig.

  1. Bianca Fouche

Bianca Fouche is geleë te Seddonstraat 24, Pukekohe, Auckland, Nieu-Seeland.

Bianca en haar gesin woon in Pukekohe en is aktief betrokke by die plaaslike gemeenskap. Sy kom uit ’n familie van eiendomsagente en mense sê gereeld sy het dit in haar bloed. Bianca het al vele toekennings verwerf as eiendomsagent; sy was onder andere die Rookie of the Year en meer onlangs die naaswenner van die Top Sales Team 2016 in Auckland.

Bianca se kliënte kom gou agter dat haar geesdrif oor die eiendomsmark eg is. Sy put geweldige bevrediging daaruit om mense te help om hul eiendomsdoelwitte te bereik. Die afgelope paar jaar het sy 37 eiendomme met ’n gesamentlike waarde van $38,4 miljoen verkoop.

Klik hier om Bianca Fouche vandag te kontak oor al jou eiendomsbehoeftes.

Klik hier om Bianca Fouche se Facebook-blad te besoek.

Klik hier om Bianca Fouche se profiel in die Wêreldgids te besoek.

  1. Rachael Meyer

Rachael Meyer is geleë te Ray White Office, Howick: Uxbridgeweg 12, Auckland, Nieu-Seeland 2014.

Rachael is trots op haar toewyding aan haar verkoopsverteenwoordigers. Haar kennis en professionaliteit is reeds van jou eerste ontmoeting met haar opsigtelik, en sy bewys elke jaar dat sy kan presteer.

Rachael is die afgelope ses jaar al een van Ray White se top 10% huisverkopers in Nieu-Seeland. Sy bou haar besigheid op vorige verkoopsverteenwoordigers se verwysings en aanbeveling van haar oop kommunikasiestyl en deursigtige diens.

Rachael spandeer tyd saam met haar kliënte om seker te maak hulle ervaar so min as moontlik spanning. Sy sorg dat sy weet wat jy wil bereik en help jou om jou volgende stap te beplan. Haar sukses spruit uit weloorwoë aanbevelings rakende die aanbieding van jou eiendom wat dit bo die res laat uitstaan. Sy loop heelpad die ekstra myl vir haar kliënte, vandat ’n transaksie beklink word totdat die betaling afgehandel is en selfs daarna.

Rachael mik na uitnemende kliëntediens aan alle partye wat by alle transaksies betrokke is. Sy verskaf ’n gestruktureerde en proses gedrewe veldtog met ’n duidelike visie van die doel. Sy is ’n uitstekende onderhandelaar en verseker dat haar kliënte se belange voorop gestel word sodat hulle elke deel van die proses selfversekerd kan aanpak. Hulle is gaande oor haar omdat hulle haar vertrou – hulle weet sy sal ’n opregte en weldeurdagte mening oor eiendomsake gee.

Klik hier om Rachael Meyer vandag te kontak oor al jou eiendomsbehoeftes.

Klik hier om Rachael Meyer se Facebook-blad te besoek.

Klik hier om Rachael Meyer se profiel in die Wêreldgids te besoek.

  1. Debbie le Roux

Debbie le Roux is geleë te Silverdale, Auckland, Nieu-Seeland 0943.

Innemend, ervare, op die man af en vasberade – net wat jy in ’n professionele eiendomsagent wil hê.

Die koop of verkoop van ’n eiendom kan spanningsvol wees, maar Debbie sal hard werk om jou stresvlakke met haar goeie kommunikasievaardighede en geesdrif te verlaag en jou ervaring so aangenaam moontlik te maak. Sy het werklik ’n slag om kopers met die perfekte huis te koppel. As jy haar vermoëns vertrou, sal dit die proses vir jou makliker en aangenamer maak. Debbie is ’n kundige onderhandelaar en behaal deurgaans die beste resultate vir haar kliënte. Dit lei gereeld tot verwysings en kliënte wat oor en oor na haar terugkeer. Debbie het in die proses met baie van haar kliënte vriende gemaak, en dit sê baie vir haar vaardighede, eerlikheid en integriteit.

Met meer as ’n dekade se ervaring in die eiendomsbedryf, insluitend drie jaar met haar eie eiendomsonderneming in Suid-Afrika, is dit geen verrassing dat Debbie nou ’n toppresteerder is nie – haar rekord bewys dit. Sy is verbind tot die hoogste gehalte verteenwoordiging en diens.

Klik hier om Debbie le Roux vandag te kontak oor al jou eiendomsbehoeftes.

Klik hier om Debbie le Roux se Facebook-blad te besoek.

Klik hier om Debbie le Roux se profiel in die Wêreldgids te besoek.

  1. Elmarie Steenberg

Elmarie Steenberg is geleë te Kitchenerweg 180, Milford, Auckland, Nieu-Seeland 0632.

Elmarie het in 2000 op 21-jarige ouderdom as eiendomsagent begin werk. In 2005 het sy haar eie eiendomsonderneming in Suid-Afrika begin en gespesialiseer in ontwikkelingsprojekte en die verkoop van huise. Deesdae bedryf sy ’n suksesvolle eiendomsonderneming in Nieu-Seeland saam met Barfoot & Thompson.

Elmarie se gesin het in 2014 na Nieu-Seeland verhuis. Sy het twee tienerseuns en hul gesin is geesdriftige sportlui. Hulle hou daarvan om te kuier en spandeer graag gehaltetyd saam met familie en vriende. Hulle geniet dit om mense gelukkig te maak.

Vir Elmarie gaan die lewe oor deel en oor wat sy vir mense kan doen om hulle op te vrolik. Die eiendomsbedryf gaan oor mense; dit gaan oor familie en vriende, oor vertroue en oor mense wat ander mense help. Sy is trots daarop dat sy ’n uitstekende beroepsvrou is en ’n sterk onderhandelaar wat vir al haar kliënte, plaaslik en internasionaal, die tweede myl loop. Bel nou vir Elmarie as jy ’n VERKOOP-bordjie voor jou eiendom wil sien.

Klik hier om Elmarie Steenberg vandag te kontak oor al jou eiendomsbehoeftes.

Klik hier om Elmarie Steenberg se Facebook-blad te besoek.

Klik hier om Elmarie Steenberg se profiel in die Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest